Scarborough
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor Scarborough in Noord-Yorkshire, Engeland. Vir die Kaapstadse voorstad, sien Scarborough, Kaapstad.
Scarborough | |
---|---|
Dorp | |
Scarborough, met die Grand Hotel aan die foto se linkerkant | |
Koördinate: 54°16′57″N 0°24′26″W / 54.28250°N 0.40722°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Noord-Yorkshire |
Distrik | Scarborough |
Bevolking | |
• Totaal | 61 749 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | YO11-YO13 |
Skakelkodes | 01723 |
Scarborough ([ˈskɑrbrə] of [ˈskɑrbərə]) is 'n nedersetting en Noordseehawe in Noord-Yorkshire, Engeland. Scarborough, wat histories deel uitgemaak het van die North Riding of Yorkshire, is tussen 10 en 230 voet (3–70 m) bo seevlak geleë, met steil hellings noord en wes van die hawe wat tot kalksteenkranse strek. Die dorp se ou kern het rondom die hawe gegroei en word deur 'n rotsige landpunt beskerm.
Met 'n bevolking van sowat 61 000 is Scarborough die grootste vakansieoord langs Yorkshire se kus.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- Edward Harland (1831–1895), ingenieur, skeepsbouer, politikus en medestigter van die skeepswerf Harland & Wolff te Belfast