Sadiq Khan
Sadiq Aman Khan | |
Sadiq Khan in 2012 | |
Burgemeester van Londen
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Mei 2016 | |
Voorafgegaan deur | Boris Johnson |
---|---|
LP vir Toothing
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Mei 2005 | |
Voorafgegaan deur | Tom Cox |
Skaduminister vir Londen
| |
Ampstermyn 16 Januarie 2013 – 11 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | Tessa Jowell |
Opgevolg deur | Vakant |
Skadu-staatssekretaris vir justisie, skadu-lordkanselier
| |
Ampstermyn 8 Oktober 2010 – 11 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | Jack Straw |
Opgevolg deur | Charles Falconer |
Skadu-staatssekretaris vir vervoer
| |
Ampstermyn 14 Mei 2010 – 8 Oktober 2010 | |
Voorafgegaan deur | Andrew Adonis |
Staatsminister van vervoer
| |
Ampstermyn 8 Mei 2009 – 11 Mei 2010 | |
Eerste minister | Gordon Brown |
Voorafgegaan deur | Andrew Adonis |
Opgevolg deur | Theresa Villiers |
Staatsminister vir gemeenskappe
| |
Ampstermyn 4 Oktober 2008 – 8 Junie 2009 | |
Eerste minister | Gordon Brown |
Voorafgegaan deur | Parmjit Dhanda |
Opgevolg deur | Shahid Malik |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 8 Oktober 1970 Toothing, Londen, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Arbeidersparty |
Eggenoot/-note | Saadiya Ahmed (sedert 1994) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Londen, Regskollege |
Professie | Arbeidersparty-politikus |
Religie | Islam |
Sadiq Aman Khan (* 8 Oktober 1970) is 'n Britse politikus en lid van die Arbeidersparty. Khan, wat die Londense Toothing-kiesafdeling sedert 2005 in die Britse Laerhuis verteenwoordig het en as deel van die gematigd linkse of sosiaal-demokratiese spektrum van die Arbeidersparty beskou word, is op 6 Mei 2016 as nuwe Londense burgemeester en opvolger van Boris Johnson (Konserwatiewe Party) vir 'n ampstermyn van vier jaar verkies.[1]
Khan is in 'n gesin van Pakistanse immigrante uit die werkersklas gebore. Sy vader is as busbestuurder aangestel, terwyl sy moeder tuis as stikster gewerk het. Ná sy skoolloopbaan het Khan in die regte studeer en 'n graad aan die Universiteit van Noord-Londen verwerf. Hy het sy loopbaan as advokaat begin en in burgerregte gespesialiseer. So het hy ook drie jaar lank as voorsitter van die burgerregte-vereniging Liberty gedien.
As lid van die Arbeidersparty het hy aktief toegetree tot die politiek en is in 1994 as raadslid vir die administratiewe distrik London Borough of Wandsworth verkies. Hy het dié amp beklee tot en met 2006. In 2005 is hy as parlementslid vir Toothing verkies.
Onder die regering van eerste minister Gordon Brown (Arbeidersparty) is hy in 2008 as minister van gemeenskappe (Minister of State for Communities) benoem en het later minister van vervoer geword. As een van die belangrikste politieke bondgenote van die Arbeiderspartyleier Ed Miliband het Khan in dié se skadukabinet as skaduminister van justisie, skadu-lordkanselier en skaduminister vir Londen gedien.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sadiq Khan.
- (en) Sadiq Khan se amptelike webwerf