Nikkelarsenied
Algemeen | |
---|---|
Naam | Nikkelarsenied |
Chemiese formule | NiAs |
Molêre massa | 133,62 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 27016-75-7[1] |
Voorkoms | vastestof [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 361,9pm; 504,4pm[2] |
Ruimtegroep | P63/mmc |
Nommer | 194 |
Strukturbericht | B8₁ |
Smeltpunt | 967 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 7,2 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Nikkelarsenied is 'n verbinding van nikkel en arseen met die formule NiAs.
Dit kom in die natuur as die mineraal nikkelien voor en is in beginsel 'n nikkelerts.[3] Hierdie erts word nogtans min ontgin omdat dit die toksiese element arseen vry sou stel. Nikkelmetaal word baie as katalisator gebruik, maar die teenwoordigheid van arseen vergiftig hierdie katalisators deurdat dit nikkelarseniede vorm. [4]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Nikkelarsenied kristalliseer in 'n heksagonale struktuur wat die argetipe van die B81-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Baie 1:1 sulfiede en legerings het hierdie struktuurtipe, soos AuSn, CoTe, CrSe, CuSn, FeS, IrS, MnAs, NiSn, PdSb, PtB, RhSn, VP en ZrTe[2] Die struktuur bestaan uit lae met 'n heksagonale digpakking van arseenatome met nikkelatome in die oktaëderholtes tussen die lae. [5]Nikkel het 'n oktaëdriese koördinasie; arseenatome het 'n trigonale prisma van nikkelbure.
Gebruike
[wysig | wysig bron]Dit het vanweë sy toksiese eienskappe min gebruike.[4] Daar is 'n Amerikaanse patent wat die gebruik om metaal uit koolwaterstofstrome te verwyder beskryf.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "nickel arsenide". American elements.
- ↑ 2,0 2,1 "NiAs (B81) Structure: AB_hP4_194_c_a". Aflow.
- ↑ "nickeline". mindat 2901.
- ↑ 4,0 4,1 Stéphane Pommier, Stéphane Valette, Pierre Lefort (2014). "Dearsenization of nickel-based catalysts: Thermal behaviour of nickel arsenide in oxygen and in air". Corrosion Science. 89: 171–178. doi:10.1016/j.corsci.2014.08.019.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "nickel rsenide". Trinity College, Hartford CT.
- ↑ "US4551230A". Espacenet.