[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Nagapie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Nagapie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. moholi
Binomiale naam
Galago moholi
A. Smith, 1836

Die nagapie (Galago moholi) is een van drie spesies en die kleinste van die nagape. Die soogdier kom in die noordelike dele van Suid-Afrika, Botswana, Namibië en die hele Zimbabwe voor.

Kenmerke

[wysig | wysig bron]

Die nagapie het kenmerkende groot , kaal beweeglike ore en lang agterbene. In die nag weerkaats sy oë rooi in 'n skerp lig. Die mannetjies is effens groter as die wyfies. Sy pels is dunner en minder wollerig as dié van die bosnagaap. Die mannetjie weeg tot 155 gram terwyl die wyfie tot 150 gram weeg.

Habitat en gewoontes

[wysig | wysig bron]

Die nagapie hou van die bosveldomgewing en verkies veral mopanie- en doringveld langs riviere en spruite. Hulle is groeplewende nagdiere wat veral vroegaand en die laaste deel van die nag aktief is. Snags wei hulle alleen en bedags slaap hulle in groepe saam in 'n nes. Hulle was gereeld hulle pote met urine en kan ver spring tussen bome as hulle kos soek of vlug. Hulle lewensduur is ±10 jaar.

Hulle eet gom, sprinkane, motte en spinnekoppe terwyl hulle natuurlike vyande die luiperd en reuse-ooruil is. Een tot twee kleintjies word in Oktober tot November of Januarie tot Februarie gebore na 'n dragtyd van 4 maande.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Bearder, S., Butynski, T. M. & Hoffmann, M. (2008). Galago moholi. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 1 Januarie 2009.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]