[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Nordland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wapen van Nordland

Nordland is 'n Noorse provinsie (fylke) wat in die noorde aan Troms og Finnmark en Trøndelag in die suide grens. In die ooste grens die provinsie aan Norrbotten en Västerbotten, twee provinsies van Swede. In die weste het Nordland 'n kuslyn aan die Noorse See en die Atlantiese Oseaan. Nordland bestaan uit die streke Helgeland, Salten, Lofoten, Ofoten en Vesterålen. Die Arktiese Sirkel loop deur die provinsie. Die administratiewe sentrum van Nordland is Bodø.