Lobito-korridor
Die Lobito-korridor (ook bekend as die Benguela-spoorweg) verbind die suidelike streke van die Demokratiese Republiek van die Kongo en die noordwestelike Zambië met die streeks- en wêreldmarkte deur die hawe van Lobito in Angola.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die spoorlyn betaan reeds sedert die begin van die 20ste eeu en het gefloreer tot die 1970’s met die uitbreek van die Angolese Burgeroorlog. Tussen 2006 en 2015 is dit herstel deur die China Railway Construction Company en het China groot belangstelling daarin getoon. ‘n Tien jaar later het die VSA en die Europese Unie bygedra tot die herstel en herlewing van die spoorlyn.
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Een van die grootse mineraalneerslae in die wêreld word in hierdie dele van die DRK en Zambië aangetref. Dus ontsluit die spoorlyn die enorme potensiaal van die gebied. Die myne lewer nikkel, kobalt, koper, grafiet en litium. Litium is ‘n noodsaaklike element in die batterye van selfone en elektriese motors. Weens die vrugbare grond kan die gebied ‘n groot produsent van landbouprodukte word. Dit lei weer tot fabrieke vir die verwerking, inmaak en verpakking van die produkte. Nuwe nywerhede lei weer tot die skep van werksgeleenthede. Deur die heropening van die spoorweg kom die groot markte van Europa en Amerika binne bereik.
Spoorlyn
[wysig | wysig bron]Lobito is die naaste hawe aan die Koperstreek. Die roete van die Lobito-korridor is Lobito, Kuito, Luena, Luacano, Luau, Kolwezi, Lubumbashi, Chingola na Ndola. Dit is die langste en belangrikste spoorlyn in Angola, die trein gebruik Kaapspoor en ry teen ‘n maksimum van 90 km per uur. Kolwezi is 1500 km vanaf die see en word in 12 dae bereik. Ander en moeiliker roetes van die myne na die hawens is
- Kolwezi na Beira, 1600 km in 17 dae waarvan ‘n deel per trein en ander deel per pad
- Kolwezi na Dar-es-Salaam, 2170 km in 20 dae oor die Tazara-spoorlyn)
- Kolwezi na Durban per trein is 2370 km en duur 25 dae
- Kolwezi na Walvisbaai is 2790 km in 20 dae per spoor- en padvervoer
Verwag word dat die Lobito-korridor jaarliks 4.98 miljoen metrieke ton vrag en 4 miljoen passasiers sal vervoer. Die vrag is ongeveer dieselfde as die beoogde maksimum kapasitiet van die Tazara-spoorlyn.
Lees ook
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]- afripol.org/lobito-corridor-a-reality-check
- Agricultural potential could blossom thanks tot Lobito Corridor. In: Southern Africa’s freight features news, September 2024
- geopoliticalmonitor.com/the-lobito-corridor-washingtons-answer-to-belt-and-road-in-africa/
- international-partnerships.ec.europa.eu/policies/global-gateway
- lobitocorridor.org/history-background