[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Oudnoors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oudnoors • Ou Noors
dǫnsk tunga, dansk tunga, norrœnt mál
Gepraat in: Skandinawië, Britse eilande, Normandië, Vinland en die Wolga-gebied 
Gebied: Noord-Europa
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Noord-Germaans
   Oudnoors • Ou Noors 
Skrifstelsel: Rune-alfabet, later Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur:
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: non
ISO 639-3: non 
Die uitbreiding van Oud-Noors en verwante tale omstreeks 900 n.C. Die Wes-Nordiese of Oud-Noorse taalgebied word in rooi getoon, Oos-Nordies in oranje, Oud-Goties in ligroos en ander Germaanse tale in groen.

Oudnoors of Ou Noors is die Noord-Germaanse taal wat gepraat is deur inwoners van Skandinawië en sy oorsese nedersettings tydens die Wikingtydperk, tot ongeveer 1300 n.C. Die moderne taal wat die nouste met Oudnoors ooreenkom, is Yslands, waarvan die geskrewe vorm oor die eeue heen min verander het.[1]

Oudnoors het in die 8ste eeu uit die ouer Proto-Noors ontwikkel tot die moderne Noord-Germaanse tale Sweeds, Deens, Noors, Yslands en Faroëes asook die nou uitgestorwe Norn wat in Shetland, Orkney en die noordelike dele van Skotland gepraat is. Die Wikings se teenwoordigheid het ook gesorg vir talle Oudnoorse plekname in onder meer Skotland,[2] Ierland, Engeland en Normandië. Verder is woorde uit Oudnoors in ander tale opgeneem soos Engels en dialekte van Skots, veral in plekke soos die Shetland- en Orkneyeilande.[3][4]

Die meeste sprekers van Oudnoors het die Oudoosnoorse dialek gepraat in wat vandag Denemarke en Swede is. In Yslandse tekste wat uit die Middeleeue dateer, het skrywers beide Oudyslands en Oudnoorweegse dialekte gebruik. Hierdie dialekte is afkomstig van die Oudwesnoorse dialek.

Geen duidelik geografiese grens kan tussen die twee dialekte getrek word nie. Oudoosnoorse eienskappe is in Oos-Noorweë aangetref en Oudwesnoorse eienskappe in Wes-Swede.

Oudgutnies word soms by Oudoosnoors ingesluit omdat daar min daaroor bekend is. Dit word soms as 'n derde dialek beskou omdat dit beide Oudwes- en Oudoosnoorse eienskappe het en ook sy eie eienskappe ontwikkel het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Omniglot, Old Norse (Dansk tunga), Besoek op 21 Maart 2008
  2. Orkneyjar, Orkney Placenames, Besoek op 21 Maart 2008
  3. Rob's Old Norse Page Geargiveer 2 Maart 2008 op Wayback Machine, English words of Norse origin Geargiveer 2 Maart 2008 op Wayback Machine, oorspronklik uit "A history of foreign words in English" by Mary S. Serjeantson (1961, Barnes & Noble, NY), besoek op 21 Maart 2008
  4. Orkneyjar, The Orcadian dialect, Besoek op 21 Maart 2008

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]