Ottoshoop
Voorkoms
Ottoshoop | |
---|---|
Dorpie | |
Koördinate: 25°44′55″S 25°58′06″O / 25.74861°S 25.96833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Mahikeng |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,95 km2 (1,91 vk. myl) |
Hoogte | 1 417 m (4 649 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 043 |
• Digtheid | 413/km2 (1 070/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 1.4% |
• Swart mense | 93.1% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 86.0% |
• Afrikaans | 6.1% |
• Engels | 2.4% |
• Zoeloe | 2.4% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 2866 |
Poskode (posbusse) | 2866 |
Skakelkode | 018 |
Ottoshoop is 'n klein dorp in die Noordwes-provinsie, Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Goud is in 1875 by Ottoshoop ontdek, dieselfde jaar as wat spoelgoud by Lydenburg ontdek is. Die goudstormloop in Ottoshoop het egter eers in 1887 plaasgevind omrede meer belowende vondse op ander plekke gemaak is. Die dorp is in 1876 gestig, die vroeë dae van die goudstormloop en is na CB Otto vernoem. Hy was die landdros van nabygeleë Groot Marico. Die goud het egter gou opgeraak en vandag is die dorp slegs 'n spoorweghalte.
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]Naby die dorp is Bobbejaangat, 'n groot dolomitiese sinkgat van onbekende diepte wat met helder water gevul is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Ottoshoop". Sensus 2011.