Afrikaanse wielewaal
Afrikaanse wielewaal | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. auratus
|
Binomiale naam | |
Oriolus auratus Vieillot, 1817
|
Die Afrikaanse wielewaal is 'n skaars somerstandvoël.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die mannetjie is die geelste onder die wielewale, met 'n duidelike swart streep wat deur sy oë tot by sy oordekvere strek. Jonges het ook 'n swart oogstreep. Die wyfie is nie so helder soos die mannetjie nie, met 'n groener rugkant en 'n bleker onderkant. Hulle word tot 24 cm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die voël kom oral in goed ontwikkelde boomveld of oewerbos voor.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]In Suid-Afrika kom hulle slegs in die noordelike gedeeltes van die Krugerwildtuin en Limpopoprovinsie voor. Verder strek die verspreiding oor die noordelike deel van Mosambiek, die hele Zimbabwe, die noordoostelike Botswana, die Caprivistrook en noordelike deel van Namibië.
Geluid
[wysig | wysig bron]Hul helder fluite "wiee-er-er-woel" of "fiee-joee-fiee-joee-fiee-joee" is langer as die swartkopwielewaal s'n.
Ander name
[wysig | wysig bron]- Engelse naam: African Golden Oriole
- Wetenskaplike naam: Oriolus auratus
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name