[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Jef Raskin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jef Raskin
Jef Raskin hou 'n model van die Canon Cat.
Gebore
Jef Raskin

9 Maart 1943
New York Stad, VSA
Sterf26 Februarie 2005
Pacifica, Kalifornië
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRekenaarprogrameerder het by Apple Inc. gewerk
Bekend virOntwerper van die grafiese koppelvlak by Apple

Jef Raskin (New York Stad, 9 Maart 1943 - Pacifica, Kalifornië, 26 Februarie 2005) was 'n Amerikaanse mens-rekenaar koppelvlakontwerper. Hy is bekend as 'n ontwerper van die grafiese koppelvlak van Apple Macintosh-rekenaars van Apple Inc.

In Januarie 1978 sluit hy by Apple aan as die 31ste werknemer. Saam met sy voormalige student Bill Atkinson het hy die Apple Macintosh-projek in 1979 begin. Die projek is vernoem na sy gunsteling appel (die McIntosh).[1] Om probleme met die Amerikaanse handelsmerk McIntosh te vermy, is die naam Macintosh gespel. Raskin het onder andere die beginsel van klik en sleep, uitgedink om 'n lêer te manipuleer deur op 'n rekenaarikoon te klik en dit te sleep. Steve Jobs neem die Macintosh-projek in 1981 uit Raskin se hande en verander dit in 'n rekenaar wat gebaseer is op die Xerox PARC-argitektuur. Raskin het Apple in 1982 verlaat.

Hy het die Canon Cat ontwerp, 'n klein rekenaar met 'n tekskoppelvlak. Sy boek The Humane Interface is in 2000 gepubliseer en word beskou as 'n standaardwerk op die gebied van koppelvlakke.[2]

Raskin was sedert 1981 met Linda Blum getroud. Die egpaar het drie kinders gehad. Pankreas kanker is in Januarie 2005 gediagnoseer. Jef Raskin is 'n maand later, in die ouderdom van 61, oorlede.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Levy, Steven (2000) [1994]. Insanely Great: The Life and Times of Macintosh, the Computer That Changed Everything. New York City: Penguin Books. ISBN 0140291776. OCLC 474924791.
  2. Raskin, Jef 2000.The Humane Interface, Addison-Wesley ISBN 0-201-37937-6
  3. Elliott, Andrea (28 Februarie 2005). "Jef Raskin, 61, Developer of Apple Macintosh, Is Dead". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]