[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Hooikoors

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hooikoors of "rhinitis vasomotorica" ("rhis" is die Griekse woord vir neus en "vasomotorica" het betrekking op die verwyding van bloedvate) is ´n oorgevoeligheidsreaksie van die neusslymvlies en bindvlies op sommige stuifmeelsoorte. Dit word gekenmerk deur waterige afskeiding uit die neus, genies, tranende oë en hoofpyn.