Krim-Tatare
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Krim-Tataars.
Krim-Tatare | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 475 000–6 500 000 |
Belangrike bevolkings in: | Krim 246 073 Turkye 150 000–6 000 000[1] |
Taal: | Krim-Tataars, Turks, Oesbekies, Russies, Oekraïens |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Tartare soos Dobroedja-Tartare, Siberiese Tartare en Wolga-Tartare; Nogais, Turke |
Die Krim-Tatare of Krim-Turke (Krim-Tataars: Qırımtatarlar of Qırımlar, Turks: Kırım Tatarları of Kırımlılar, Russies: Крымские Татары of Крымцы, Oekraïens: Кримські Татари of Кримці) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die Krim-skiereiland. Hulle praat Krim-Tataars, 'n Turkse taal, as moedertaal en Turks, Oesbekies, Russies of Oekraïens as tweede taal. Die Krim-Tatare is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam.
Krim-Tatare vorm die derde grootste etniese groep in die Krim na die Russe en die Oekraïners, sowat 12,1% van dié skiereiland se bevolking volgens die sensus van 2001. Naas die Krim leef die meeste Krim-Tatare in Turkye, tussen 150 000 en ses miljoen mense. Krim-Tatare verskil aansienlik van ander Tartare en hulle word dus – veral van die Turke in Turkye (Turkye-Turke) – Krim-Turke genoem. Krim-Tataars is ook nader verwant aan Turks as aan Tartaars, omdat dit uit 'n plaaslike variant van Ottomaanse Turks ontwikkel het.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Crimean Tatars and Noghais in Turkey". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op 5 November 2017.
- ↑ (ro) "Recensamant Romania 2002". Agentia Nationala pentru Intreprinderi Mici si Mijlocii. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2007. Besoek op 5 Augustus 2007.
- ↑ (ru) Этнический атлас Узбекистана Институт "Открытое общество", 2002. ISBN 5-862800-10-7. — стр. 206
- ↑ (ru) Russian Census 2010: Population by ethnicity Geargiveer 24 April 2012 op Wayback Machine
- ↑ (bg) "Bulgaria Population census 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ (ru) Агентство Республики Казахстан по статистике. Перепись 2009. Geargiveer 1 Mei 2012 op Wayback Machine (Национальный состав населения Geargiveer 11 Mei 2011 op Wayback Machine.rar)
- ↑ (de) Wolfgang Schulze: Krimtatarisch. Geargiveer 31 Januarie 2012 op Wayback Machine (PDF; 192 kB), besoek op 17 Maart 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Krim-Tatare.