[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Kobalt-60

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Kobalt-60 
 
Protone 27 
Neutrone 33 
Kernspin 5+[1] 
Massa-oorskot -61649,0 keV[1] 

Status

Status radioaktief[1] 
Halfleeftyd 5,2713 j[1] 
Vervalvorm β-  

Kernisomere

Status isomeer[1] 
Naam Kobalt-60m 
Halfleeftyd 10,467 m[1] 
Vervalvorm γ, inwendige omskakeling  
Kernspin 2+[1] 
Massa-oorskot -61590,4 keV[1] 

Navigasie

5927Co 6028Ni
6027Co
6026Fe
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika
Die verval van die nuklied

Kobalt-60 (Chemiese notasie: 60Co) is 'n kunsmatig vervaardigde radioaktiewe isotoop van kobalt en is 'n belangrike radioaktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker.

Verval

[wysig | wysig bron]

Kobalt-60 het 'n halfleeftyd van 5,27 jaar en verval deur middel van negatiewe beta-verval. In hierdie proses van verval straal kobalt-60 een elektron met 'n energie van tot 315 keV uit en vorm 'n opgewekte toestand van die stabiele isotoop nikkel-60m (60mNi). Hierdie kernisomeer van nikkel verval dan met twee gammastrale met energieë van onderskeidelik 1,17 en 1,33 MeV na die stabiele nikkelkern, nikkel-60 (60Ni)

Kobalt-60 het self ook 'n kernisomeer, Kobalt-60m

Vorming

[wysig | wysig bron]

Kobalt-60 kan deur vangs van 'n neutron deur die stabiele isotoop kobalt-59 gevorm word. Dit is ook 'n dogterisotoop van yster-60 wat deur supernovas gevorm word.

Aanwendings

[wysig | wysig bron]

Kobalt-60 word in die industrie dikwels gebruik as stralingsbron om diktes van metale te meet of die binnekant van lasse te bekyk. 'n Ander aanwending is in die radioterapie van byv. kankerpasiënte. Hulle word opsetlik aan straling blootgestel, maar dit word versigtig gedoseer. In die industriële toepassing word blootstelling so veel moontlik vermy. Ongelukke waarby werkers tog blootgestel is, het egter gebeur, soms met dodelike gevolge.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties G. Audi, O. Bersillon, J. Blachot, A.H. Wapstra IUPAC
  2. "Cobalt sources". EPA.