[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

KLM

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
KLM Royal Dutch Airlines
IATA ICAO Roepteken
KL KLM KLM
Gestig7 Oktober 1919; 105 jaar gelede (1919-10-07)
HoofspilleLughawe Schiphol, Amsterdam
LojaliteitsprogramFlying Blue
AlliansieSkyTeam
SkyTeam Cargo
Vlootgrootte149[1]
Bestemmings145
HouermaatskappyAir France-KLM-groep
SitkamerKLM Crown Lounge
HoofkantoorAmstelveen, Nederland
SleutelpersoneAlbert Plesman (Stigter)
Marjan Rintel (President & HUB)
Omset€11.08 miljard (2019)[2]
Bedryfsinkomste€875 miljoen (2019)[2]
Werknemers35 410 (insl. medewerkers)
Webwerfhttp://www.klm.com
KLM se hoofkantoor in Amstelveen.
Boeing 767's van KLM se vloot op Schiphol.
'n Boeing 777-200ER.

Koninklijke Luchtvaart Maatschappij N.V. (KLM) of internasionaal bekend as Royal Dutch Airlines[3] is Nederland se grootste lugvaartmaatskappy en die oudste lugvaartmaatskappy ter wêreld. KLM se hooflughawe en spil is Schiphol. In Mei 2004 het Air France die lugdiens oorgeneem deur middel van 'n ruil van aandele.[4] Weens regsoorwegings bly die twee lugdienste eers aparte ondernemings, wat steeds hulle eie handelsmerke en veral die SkyTeam-alliansie insluit.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Stigting

[wysig | wysig bron]

In 1919 het 'n jong vlieënier-luitenant, genaamd Albert Plesman, die ELTA-lugvaartuitstalling in Amsterdam geborg. Die bywoningsyfer van die uitstalling was meer as 'n halfmiljoen, en na afloop daarvan, het verskeie Nederlandse kommersiële belange beplan om 'n Nederlandse lugredery te stig.[5] In September 1919 het koningin Wilhelmina die KLM wat nog gestig moet word, haar "Koninklijke" predikaat daaraan toegeken.[6] Op 7 Oktober 1919 het agt Nederlandse sakemanne, waaronder Frits Fentener van Vlissingen, KLM gestig as een van die wêreld se eerste kommersiële lugvaartmaatskappye. Plesman het die eerste administrateur en direkteur geword.[5]

Eerste vlugte

[wysig | wysig bron]

KLM se eerste vlug het op 17 Mei 1920 plaasgevind. KLM se eerste vlieënier, Jerry Shaw, het van Croydon-lughawe, Londen, na Amsterdam gevlieg.[6]}</ref> Die vlug is onderneem met 'n gehuurde De Haviland DH-16, registrasie G-EALU, wat twee Britse joernaliste en 'n paar koerante ingesluit het. In 1920 het KLM 440 passasiers en 22 ton vrag vervoer. In April 1921, na 'n winteronderbreking, het KLM sy dienste hervat met Fokker F.II en Fokker F.III vliegtuie, asook hul eerste geskeduleerde vlugte begin.[6]

KLM se eerste interkontinentale vlug het op 1 Oktober 1924 opgestyg.[6] Die eindbestemming was Djakarta (toe 'Batavia' genoem), Java, in Nederlands Oos-Indië; die vlug het 'n Fokker F.VII met registrasie H-NACC gebruik en is deur Van der Hoop geloods.[7] In September 1929 het gereelde geskeduleerde dienste tussen Amsterdam en Batavia begin. Tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 was dit die wêreld se langste geskeduleerde diens per vliegtuig.[6] Teen 1926 is vlugte na Amsterdam, Rotterdam, Brussel, Parys, Londen, Bremen, Kopenhagen en Malmö, hoofsaaklik met Fokker F.II- en Fokker F.III-vliegtuie onderneem.[8]

1930's

[wysig | wysig bron]

In 1930 het KLM 15 143 passasiers vervoer. Die Douglas DC-2 is in 1934 op die Batavia-diens ingevoer. Die eerste eksperimentele transatlantiese KLM-vlug was tussen Amsterdam en Curaçao in Desember 1934 met die Fokker F.XVIII "Snip".[6] Die eerste van die lugredery se Douglas DC-3 vliegtuie is in 1936 afgelewer; dit het die DC-2's op die diens via Batavia na Sydney vervang. KLM was die eerste lugredery wat vanaf Junie 1938 Manchester se nuwe Ringway-lughawe bedien het. KLM was die enigste burgerlike lugredery wat die Douglas DC-5 ontvang het; die lugredery het twee daarvan in die Wes-Indiese Eilande gebruik en twee aan die Oos-Indiese regering verkoop, en is dus die enigste lugredery wat alle Douglas 'DC'-modelle behalwe die DC-1 bedryf het.

1940's

[wysig | wysig bron]

Toe die Duitsers op 10 Mei 1940 Nederland binneval, het KLM alle Europese aktiwiteite gestaak. Die hoofkantoor is verplaas na Willemstad, Curaçao en die aktiwiteite op die Amerikaanse kontinente het voortgegaan. Na die Tweede Wêreldoorlog was KLM die eerste lugredery om 'n geskeduleerde vlug tussen Europa en New York te begin.

1950's

[wysig | wysig bron]

Die aantal passasiers wat KLM In 1950 vervoer het, styg tot 356 069 en in November 1958 begin KLM die eerste poolroete, na Tokio.

1960's & 1970's

[wysig | wysig bron]

In Maart 1960 het KLM die eerste DC-8 in sy vloot opgeneem en in 1966 die eerste DC-9. Die DC-8 was die grootste vliegtuig van sy tyd. In 1971 het KLM die eerste lugdiens geword om die groot Boeing 747-200 aan te koop.

1980's & 1990's

[wysig | wysig bron]

In 1980 styg KLM se passasiers tot 9 715 069. In 1983 het Boeing die boonste dek van 'n aantal 747-200s verleng. In Junie 1989 het KLM die eerste Boeing 747-400 in die vloot opgeneem en 'n jaar later het KLM en Northwest Airlines 'n alliansie begin. KLM vervoer 16 miljoen passasiers in 1990.

2000's

[wysig | wysig bron]

In Maart en Junie 2002 het KLM aangekondig dat die Boeing 767 en die 747-300 vervang sou word deur die Boeing 777 en die Airbus A330. Die eerste B777 is op 25 Oktober 2003 in diens geneem en die eerste A330 op 25 Augustus 2005.

2010 tot vandag

[wysig | wysig bron]

In November 2010 het KLM aangekondig dat Martinair (deel van KLM) die vervoer van passasiers sou staak en dat al Martinair se werknemers oorgeplaas sou word na KLM.

Sedert Maart 2011 werk KLM saam met InselAir op roetes in die Karibiese gebied.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "About KLM — Facts & Figures". KLM. Besoek op 26 Mei 2011.
  2. 2,0 2,1 KLM-Jaarverslag-2019Geargiveer 10 September 2021 op Wayback Machine
  3. klm.com – Koninklijke Luchtvaart Maatschappij N.V. Geargiveer 10 Oktober 2017 op Wayback Machine besoek 6 Desember 2016.
  4. "Air France: Strikers against reality". The Economist. Parys. 20 September 2014. Besoek op 14 April 2015.
  5. 5,0 5,1 "Koninklijke Luchtvaart Maatschappij, N.V. History". International Directory of Company Histories. 28. 1999. Besoek op 30 Julie 2013.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 6,5 "History". KLM Corporate. KLM. Besoek op 30 Julie 2013.
  7. "H-NACC". Aviacrash.nl (in Nederlands). Besoek op 11 Oktober 2015.
  8. (nl) Albert Heijn, red (1969) KL-50 – logboek van vijftig jaar vliegen. Meijer, Amsterdam.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]