Die GSR
Die GSR
| |
---|---|
Oorspronklike titel | The BFG |
Skrywer | Roald Dahl |
Omslagontwerper | Quentin Blake |
Genre | Jeugletterkunde |
Uitgewer | |
Uitgegee | 1982 |
Medium | Boek |
Bladsye | 210 |
ISBN | 9026112750 |
Die GSR (Die Groot Sagmoedige Reus) is 'n kinderboek van Roald Dahl.
Inhoud
[wysig | wysig bron]Bederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.
Die boek gaan oor Sofie - 'n weesmeisie. Op een aand kan sy nie slaap nie. Sy dink dat dit spookuur is en kyk skelmpies na buite. In die weeshuis mag jy byna niks doen nie, nog minder uit jou bed uit klim.
Buite ontdek sy 'n figuur, so groot soos 'n huis. Dit blyk 'n reus te wees. Hy hoor Sofie se hart klop – hy het verskriklik goeie ore – en ontvoer haar. Hy neem haar met 'n ongelooflike snelheid mee na sy grot in reuseland. Sofie dink dat die reus haar gaan opeet, maar hierdie reus blyk sagmoedig te wees; die GSR (die Groot Sagmoedige Reus).
Hy vang mooie drome in droomland en bewaar hierdie drome in flesse. Al blasend op 'n lang trompet deel hy dit weer uit aan slapende kinders. Hy eet alleen maar snoskommers, wat eintlik heel sleg proe, maar daar groei niks anders in reuseland. Hy wil geen ete van mense steel nie en hy wil nog minder geen mense of diere opeet nie.
Hy vertel Sofie onder die genot van 'n fropskottel oor die ander nege reuse wat in reseland woon. Hulle is nie so vriendelik nie. Hulle is "mensepeuselende kannibale". Hulle spreek 'n erg disleksiese taal en is nog twee keer so groot soos die GSR. Elke nag trek hulle opnuut uit om slapende mense te beroof en op te eet. As hulle te warm kry, gaan hulle na die noordpool waar hulle Eskimo's eet asof hulle yslekkertjies is. As hulle baie honger is, sal hulle 'n paar Nore ook opeet. Maar hul gunsteling ete is klein kinders, wat baie lekker smaak.
Omdat die GSR nie so groot en gemeen soos die ander reuse is nie, word hy nogal gepes. Uit verveling doen hulle balspeletjies met hom as die bal. Uit wraak laat hy eens 'n nagmerrie (trolleklopper) los op die vreeslike Vleislapeter, een van die reuse. Hierdeur ontstaan 'n verskriklike geveg tussen die nege reuse. Maar, vertel die GSR, hulle sal mekaar nooit dood; reuse is nie so gruwelik soos mense nie.
As die reuse uitgaan om mense te gaan eet, raak Sofie paniekerig. Sy wil iedereen gaan waarsku, onder andre die Koningin van Engeland, maar dit is nie moontlik nie. Sy sou haar tog nie glo nie. Bowendien sou sy dan teruggeneem word na die weeshuis, en die GSR sou in 'n dieretuin opgesluit word.
Sofie bedink 'n plan: sy moet die Koningin 'n droom inblaas. Sy meng 'n spesiale droom uit die dermiljoene drome wat die GSR versamel het. Die droom gaan oor die werklikheid, alle gruwelike dade van die reuse, die bestaan van die GSR, wat kan uitlê waar die reuse hulle bevind en oor die bestaan van Sofie, wat kan vertel waar die GSR verstop is.
So gesê, so gedaan. Sy weet die Koningin is oortuig. Sy skakel die leër en die lugmag in. Tydens die middagdutjies van die nege reuse word hulle oorweldig. Die soldate bind hulle vas met kettings en toue. Hulle word aan nege groot helikopters gehang, na Engeland geneem en in 'n reusagtige kuil gegooi. Die GSR maak hul boeie los - hulle eet tog geen soortgenote. Vir die res van hul lewens kry hulle as straf alleen snoskommers om te eet.
Die reus en Sofie kry elkeen 'n huis naby die paleis van die Koningin. Sofie leer die reus fatsoenlik praat en spel, só goed selfs dat hy 'n skrywer word. Die eerste boek wat hy skryf gaan oor Sofie en homself: die GSR.
Toneel
[wysig | wysig bron]Daar is van hierdie boek ook 'n toneelstuk gemaak, met Ricky Koole as Sofie.