[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

DC Comics

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
DC Comics
Tipe Strokiesboekmaatskappy
Gestig 1934 (as National Comics Publications)
Hoofkantoor Burbank, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneMalcolm Wheeler-Nicholson (stigter)
Jim Lee (president)
Gebied bedienWêreldwyd
ProdukteStrokiesverhale e.a.
Webwerfdc.com

DC Comics, Inc. (later eenvoudig bekend as DC) is die uitgewery van Amerikaanse strokiesboeke en die vlagskipeenheid van DC Entertainment,[1][2] 'n dogtersmaatskappy van Warner Bros. Discovery.[3][4] DC staan vir "Detective Comics", 'n Amerikaanse strokiesboekreeks wat in 1937 die eerste keer gepubliseer is.[5]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
Die stigter van DC Comics, Malcolm Wheeler-Nicholson.

DC Comics is een van die grootste en oudste Amerikaanse strokiesboekmaatskappye. Hulle eerste strokiesboek is in 1937 gepubliseer.[6] Die meeste van sy publikasies speel in die DC Universe af en bevat talle kultureel ikoniese helde, soos Superman, Batman, Wonder Woman, Green Lantern, Flash en Aquaman; sowel as beroemde fiktiewe spanne soos The Endless, Justice League, Teen Titans en Suicide Squad. Die universe bevat ook 'n verskeidenheid bekende superskurke, soos Joker, Lex Luthor, Deathstroke, Reverse-Flash en Darkseid.

Die maatskappy het ook materiaal gepubliseer wat nie in die DC Universe afspeel nie, soos Watchmen, V for Vendetta, Fables en baie titels onder die alternatiewe name Vertigo en nou DC Black Label.

DC Comics en sy langdurige groot mededinger Marvel Comics (wat in 2009 aangeskaf is deur The Walt Disney Company, Warner Bros. Discovery se belangrikste mededinger) gee saam sowat 70% van die Amerikaanse strokiesboeke uit (2017).[7] Dit sluit egter nie grafiese romans in nie.

Met die verkope van alle boeke ingesluit, is DC die grootste uitgewery naas Viz Media, en Marvel is derde.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Melrose, Kevin (10 Oktober 2009). "DC Entertainment – what we know so far". Comic Book Resources. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2009. Besoek op 13 Desember 2021.
  2. DC Entertainment (May 5, 2017). "DC Entertainment Expands Editorial Leadership Team". Persberig. http://www.dccomics.com/blog/2017/05/05/dc-entertainment-expands-editorial-leadership-team. Besoek op May 11, 2017. 
  3. Brent Lang; Matt Donnelly (14 April 2022). "Warner Bros. Discovery Exploring Overhaul of DC Entertainment (EXCLUSIVE)". Variety (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2022. Besoek op 17 April 2022.
  4. "Inside David Zaslav's Overhaul of the Warner Bros. Movie Division | Analysis" (in Engels (VSA)). 1 Junie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2022. Besoek op 5 Junie 2022.
  5. Jung, Michael (7 Mei 2020). "What Does DC Comics Stand For?". ScreenRant (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2021. Besoek op 2 Maart 2024.
  6. Galloway, Ryan (5 Julie 2021). "What Was The First DC Comic?". We Got This Covered (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2021. Besoek op 11 September 2021.
  7. Miller, John. "2017 Comic Book Sales to Comics Shops". Comichron. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
  8. "Viz Manga Sales are Destroying DC, Marvel in Comic Market". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017. Besoek op 10 Oktober 2017.{{cite web}}: CS1 maint: unfit URL (link)

Skakels

[wysig | wysig bron]