[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

DOS (bedryfstelsel)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

DOS (Disk Operating System) is 'n bedryfstelsel vir rekenaars met skyfaandrywers (disk drives). Persoonlike rekenaars wat met diskette werk het algemeen beskikbaar geraak, en om dit makliker te maak om met die rekenaars te werk, was dit was nodig om 'n bevel-prosesseerder en hulpprogramme te laai voor beheer aan die gebruiker oorgegee word.

Geskiedenis van DOS

[wysig | wysig bron]

In 1973 skryf Gary Kildall een van die eerste diskettebedryfstelsels in die PL/M programmeertaal. Hy noem dit CP/M.

Ses jaar later, in 1979, kom Apple al uit met sy DOS 3.2. In 1980 wil Seattle Computer Products (SCP) 'n bedryfstelsel vir die 8086-sisteem hê, en besluit om dit self te ontwikkel, omdat Digital Research vertraag was met die ontwikkeling van hulle CP/M-86 bedryfstelsel. SCP se nuwe bedryfstelsel word QDOS 0.10 genoem, wat nie soos verwag vir Quality Disk staan nie, maar vir Quick and Dirty Operating System, omdat dit in slegs twee maande ontwikkel was. Ondanks die snelle ontwikkeling, blyk dit dat die bedryfstelsel goed werk en een week later kom EDLIN op die mark.

In Oktober 1980 sluit Paul Allen (van Microsoft) 'n kontrak met SCP om hulle DOS-weergawe aan 'n anonieme klant te mag verkoop (wat later IBM blyk te wees). Microsoft betaal minder as 100 dollar vir die regte aan SCP. Twee maande later hernoem SCP sy QDOS na 86-DOS en bring dit uit as weergawe 0.3. Microsoft koop dan die (nie-eksklusiewe) regte om 86-DOS op die mark te bring.

In Februarie 1981 loop "MS-DOS" vir die eerste keer op 'n prototipe van die IBM Persoonlike Rekenaar, en in Julie koop Microsoft alle regte van SCP en doop die bestuurstelsel amptelik MS-DOS.

Werking van DOS

[wysig | wysig bron]

Na die POST-proses van die PC begin DOS loop met 'n aantal programme, onder andere die autoexec.bat lêer. In die lêer word aangedui watter opdragte uitgevoer moet word. Na die uitvoer van autoexec.bat kom die gebruiker op die opdraglyn (command line) te staan, waarop verdere bevele ingetik kan word.

DOS-klone

[wysig | wysig bron]

Die volgende variasies (klone) van DOS was vrygestel: