[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

D.H. Lawrence

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
D.H. Lawrence
D.H. Lawrence (paspoortfoto)
Gebore
David Herbert Lawrence

(1885-09-11)11 September 1885
Sterf2 Maart 1930 (op 44)
Vence, Frankryk
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materUniversiteit van Nottingham
BeroepRomanskrywer, digter
Bekend virSons and Lovers
The Rainbow
Women in Love
John Thomas and Lady Jane
Lady Chatterley's Lover
Odour of Chrysanthemums
The Virgin and the Gypsy
The Rocking-Horse Winner
Ouer(s)Arthur John Lawrence en Lydia Beardsall

David Herbert Lawrence (11 September 18852 Maart 1930) is een van die belangrikste Engelse romanskrywers uit die begin van die 20ste eeu. Behalwe romans soos Sons and Lovers, The Rainbow, Women in Love en Lady Chatterley's Lover het hy ook verhale, gedigte, toneelstukke en reisbeskrywings geskryf.

Die Engelse skrywer David Herbert Lawrence is op 11 September 1885 in Eastwood, Nottinghamshire, as die vierde kind van 'n steenkoolmynwerker gebore. Ná sy skoolopleiding het hy eers as 'n klerk en later as hulponderwyser gewerk. Van 1906 tot 1908 het hy 'n onderwyserskursus aan die Nottinghamse Universiteitskollege gevolg. In dié jare het sy eerste verhale en gedigte verskyn en in 1911 sy eerste roman, The White Peacock.

In 1912 het hy die Duitse barones Frieda von Richthofen, die vrou van 'n Nottinghamse hoogleraar, ontmoet. Ná haar egskeiding in 1914 het Lawrence met haar getrou en hulle het saam deur Duitsland en Italië gaan reis.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het hulle in Engeland gewoon, waar hulle weens hul openlike afkeer van die oorlog en Frieda se nasionaliteit van spioenasie verdink is. Dié vyandigheid het die vrydenkende Lawrence baie ontstel en hy het dikwels met die owerheid gebots.

Vanaf 1920 was hy byna voortdurend op reis, onder meer in Italië, Duitsland, Indië, Australië en Meksiko. Sy gesondheid was veral sedert 1924 swak en op 2 Maart 1930 is hy in 'n sanatorium op Vence in Suid-Frankryk aan tuberkulose oorlede.

Lawrence het sy soms heel uitgesproke idees openhartig in sy werk verkondig. Hy het vir die waarlik lewende individu gestry en hom verset teen alles wat "dood" is. In sy jeug het hy die spontaneïteit en lewenskragtigheid van die laagste klasse leer ken en waardeer; van die middestand se burgerlike lewe het hy 'n sterk afkeer gehad. Hy het gemeen dat die stem van die instinkte te lank onderdruk en nooit ernstig in Engelse romans beskryf is nie. Sy werk word dan ook dikwels deur 'n intense lewensdrang gekenmerk.

Lawrence was een van die eerste Engelse skrywers wat seks as 'n wesenlike deel van die man-vrouverhouding in sy romans behandel het en ook openlik daaroor geskryf het. Dit het kwaai teenstand uitgelok en selfs geregtelike optrede tot gevolg gehad. Lady Chatterley's Lover (1928) kon eers in 1960 in onverkorte vorm in Engeland verkoop word.

Lawrence was ook van mening dat die demokrasie met sy "dooie" massamense 'n stremmende uitwerking op "lewende" individue het. Die toenemende industrialisering was vir hom 'n vyand van die lewe wat hy nog in die natuur en die mense wat na-aan die natuur leef, gevind het. Op sy uitgebreide reise het hy gehoop om in ander kulture 'n beter samelewing te vind. Sy latere romans, Aaron's Rod (1922), Kangaroo (1923) en The Plumed Serpent (1926), handel daaroor.

Lawrence se idees het soveel teenstand uitgelok dat hy nog lank ná sy dood misken is. Dié situasie het geleidelik verander, danksy onder andere F.R. Leavis, wat Lawrence se boeke onder meer in sy tydskrif Scrutiny op literêre meriete beoordeel het. Waardering vir sy werk, veral Sons and lovers (1913), The Rainbow (1915) en Women in Love (1920), het eers in die vyftigerjare toegeneem.

Sons and lovers is sterk outobiografies. In The Rainbow toon Lawrence aan hoe die man-vrouverhouding vanweë die verval van die tradisionele hegte gemeenskap steeds belangriker word. Die uiteenlopende liefdesverhoudings van twee susters (die een loop uit op die dood en die ander op lewe) word in Women in Love teenoor mekaar gestel.

Lawrence het hom teen 'n te streng ordening verset, ook in sy gedigte, waarin hy selde vaste rym- of ritmeskemas gebruik het. Baie van sy gedigte is regstreekse beskrywings van sy ontmoeting met die "Iewe" in plante en diere. Sy bekendste digbundels is Look! We Have Come Through! (1917) en Birds, Beasts and Flowers (1923). Sy Complete Poems het in 1964 verskyn.

Van die prosawerke wat Lawrence ná die Eerste Wêreldoorlog geskryf het, is die verhale en novelles die belangrikste. The Captain's Doll (1923), The Fox (1923), The Ladybird (1923), St. Mawr (1925), The Woman Who Rode Away (1928), The virgin and the gipsy (1930) en The man who died (1931) is veral bekend.

Sy reisbeskrywings sluit Twilight in Italy (1916), Sea and Sardinia (1921) en Mornings in Mexico (1927) in. Sy essays oor Amerikaanse literatuur is saam in die bundel Studies in Classic American Literature (1923) uitgegee. Die eerste uitgawe van sy briewe, Letters (1932), is deur die skrywer Aldous Huxley, met wie Lawrence goed bevriend was, versorg en van 'n inleiding voorsien.

Lawrence het ook toneelstukke geskryf, waaronder The Widowing of Mrs Holroyd (1914), Touch and Go (1920) en David (1926), maar soos met sy romans, het dié werke eers lank ná sy dood erkenning gekry.

Werke

[wysig | wysig bron]

Romans

[wysig | wysig bron]
  • The White Peacock (1911)
  • The Trespasser (1912)
  • Sons and Lovers (1913)
  • The Rainbow (1915)
  • Women in Love (1920)
  • The Lost Girl (1920)
  • Aaron's Rod (1922)
  • Kangaroo (1923)
  • The Boy in the Bush (1924), saam met M.L. (Mollie of Molly) Skinner
  • The Plumed Serpent (1926)
  • Lady Chatterley's Lover (1928)
  • The Escaped Cock (1929), heruitgegee as The Man Who Died

Kortverhaalbundels

[wysig | wysig bron]
  • The Prussian Officer and Other Stories (1914)
  • England, My England and Other Stories (1922)
  • The Complete Short Stories (1922) Drie volumes, heruitgegee in 1961 deur The Viking Press
  • The Fox, The Captain's Doll, The Ladybird (1923)
  • St Mawr and Other Stories (1925)
  • The Woman who Rode Away and Other Stories (1928)
  • The Rocking-Horse Winner (1926)
  • The Virgin and the Gipsy and Other Stories (1930)
  • Love Among the Haystacks and Other Pieces (1930)
  • The Lovely Lady and Other Tales (1932)
  • The Tales of D.H. Lawrence (1934) – Heinemann
  • Collected Stories (1994) – Everyman's Library

Versamelde briewe

[wysig | wysig bron]
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume I, September 1901 – May 1913, ed. James T. Boulton, Cambridge University Press, 1979, ISBN 0-521-22147-1
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume II, June 1913 – October 1916, ed. George J. Zytaruk en James T. Boulton, Cambridge University Press, 1981, ISBN 0-521-23111-6
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume III, October 1916 – June 1921, ed. James T. Boulton en Andrew Robertson, Cambridge University Press, 1984, ISBN 0-521-23112-4
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume IV, June 1921 – March 1924 , ed. Warren Roberts, James T. Boulton en Elizabeth Mansfield, Cambridge University Press, 1987, ISBN 0-521-00695-3
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume V, March 1924 – March 1927, ed. James T. Boulton en Lindeth Vasey, Cambridge University Press, 1989, ISBN 0-521-00696-1
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume VI, March 1927 – November 1928 , ed. James T. Boulton en Margaret Boulton met Gerald M. Lacy, Cambridge University Press, 1991, ISBN 0-521-00698-8
  • The Letters of D. H. Lawrence, Volume VII, November 1928 – February 1930, ed. Keith Sagar en James T. Boulton, Cambridge University Press, 1993, ISBN 0-521-00699-6
  • The Letters of D. H. Lawrence, with index, Volume VIII, ed. James T. Boulton, Cambridge University Press, 2001, ISBN 0-521-23117-5
  • The Selected Letters of D. H. Lawrence, Saamgestel en geredigeer deur James T. Boulton, Cambridge University Press, 1997, ISBN 0-521-40115-1
  • D. H. Lawrence's Letters to Bertrand Russell, geredigeer deur Harry T. Moore, New York: Gotham Book Mart, 1948.

Digbundels

[wysig | wysig bron]
  • Love Poems and others (1913)
  • Amores (1916)
  • Look! We have come through! (1917)
  • New Poems (1918)
  • Bay: a book of poems (1919)
  • Tortoises (1921)
  • Birds, Beasts and Flowers (1923)
  • The Collected Poems of D H Lawrence (1928)
  • Pansies (1929)
  • Nettles (1930)
  • The Triumph of the Machine (1930; een uit Faber & Faber se Ariel Poems-reeks, geïllustreer deur Althea Willoughby)
  • Last Poems (1932)
  • Fire and other poems (1940)
  • The Complete Poems of D.H. Lawrence (1964), ed. Vivian de Sola Pinto en F. Warren Roberts
  • The White Horse (1964)
  • D.H. Lawrence: Selected Poems (1972), ed. Keith Sagar.
  • Snake and Other Poems

Toneelstukke

[wysig | wysig bron]
  • The Daughter-in-Law (1913)
  • The Widowing of Mrs. Holroyd (1914)
  • Touch and Go (1920)
  • David (1926)
  • The Fight for Barbara (1933)
  • A Collier's Friday Night (1934)
  • The Married Man (1940)
  • The Merry-Go-Round (1941)
  • The Complete Plays of D.H. Lawrence (1965)
  • The Plays, geredigeer deur Hans-Wilhelm Schwarze en John Worthen, Cambridge University Press, 1999, ISBN 0-521-24277-0

Niefiksie en pamflette

[wysig | wysig bron]
  • Study of Thomas Hardy and Other Essays (1914), geredigeer deur Bruce Steele, Cambridge University Press, 1985, ISBN 0-521-25252-0, Literary criticism and metaphysics
  • Movements in European History (1921), geredigeer deur Philip Crumpton, Cambridge University Press, 1989, ISBN 0-521-26201-1, Oorspronklik gepubliseer onder die skuilnaam Lawrence H. Davison
  • Psychoanalysis and the Unconscious en Fantasia of the Unconscious (1921/1922), geredigeer deur Bruce Steele, Cambridge University Press, 2004 ISBN 0-521-32791-1
  • Studies in Classic American Literature (1923), geredigeer deur Ezra Greenspan, Lindeth Vasey en John Worthen, Cambridge University Press, 2003, ISBN 0-521-55016-5
  • Reflections on the Death of a Porcupine and Other Essays (1925), geredigeer deur Michael Herbert, Cambridge University Press, 1988, ISBN 0-521-26622-X
  • A Propos of Lady Chatterley's Lover (1929) – Lawrence het hierdie pamflet geskryf ter verduideliking van sy roman.
  • My Skirmish With Jolly Roger (1929), Random House – uitgebrei na A Propos of Lady Chatterley's Lover
  • Apocalypse and the Writings on Revelation (1931), geredigeer deur Mara Kalnins, Cambridge University Press, 1980, ISBN 0-521-22407-1
  • Phoenix: The Posthumous Papers of D. H. Lawrence (1936)
  • Phoenix II: Uncollected, Unpublished, and Other Prose Works by D. H. Lawrence (1968)
  • Introductions and Reviews, geredigeer deur N. H. Reeve en John Worthen, Cambridge University Press, 2004, ISBN 0-521-83584-4
  • Late Essays and Articles, geredigeer deur James T. Boulton, Cambridge University Press, 2004, ISBN 0-521-58431-0
  • Selected Letters, Oneworld Classics, 2008. Geredigeer deur James T. Boulton. ISBN 978-1-84749-049-0
  • The New Adelphi, Junie-Augustus 1930 uitgawe, geredigeer deur John Middleton Murry. Sluit Lawrence se ″Nottingham and the Mining Countryside,″ Nege briewe (1918–1919) aan Katherine Mansfield en geselekteerde passasies uit sy niefiksie in. Ook ingesluit is essays oor Lawrence deur John Middleton Murry, Rebecca West, Max Plowman, Waldo Frank en andere.
  • Memoir van Maurice Magnus, Keith Cushman, ed. 1 Desember 1987, Black Sparrow Press. ISBN 978-0-87685-716-8 Hierdie boek sluit die ongesensureerde weergawe van Lawrence se Inleiding tot Magnus se Memoirs of the Foreign Legion en verwante stukke in.

Reisverhale

[wysig | wysig bron]
  • Twilight in Italy and Other Essays (1916), geredigeer deur Paul Eggert, Cambridge University Press, 1994, ISBN 0-521-26888-5. Twilight in Italy sagteband heruitgawe, I.B. Tauris, 2015, ISBN 978-1-78076-965-3
  • Sea and Sardinia (1921), geredigeer deur Mara Kalnins, Cambridge University Press, 1997, ISBN 0-521-24275-4
  • Mornings in Mexico and Other Essays (1927), geredigeer deur Virginia Crosswhite Hyde, Cambridge University Press, 2009, ISBN 978-0-521-65292-6.
  • Sketches of Etruscan Places and Other Italian Essays (1932), geredigeer deur Simonetta de Filippis, Cambridge University Press, 1992, ISBN 0-521-25253-9; Etruscan Places, New York: The Viking Press (1932).

Vertalings

[wysig | wysig bron]
  • Lev Isaakovich Shestov All Things are Possible (1920)
  • Ivan Alekseyevich Bunin The Gentleman from San Francisco (1922), vertaal saam met S. S. Koteliansky
  • Giovanni Verga Mastro-Don Gesualdo (1923)
  • Giovanni Verga Little Novels of Sicily (1925)
  • Giovanni Verga Cavalleria Rusticana and other stories (1928)
  • Antonio Francesco Grazzini (Lasca) The Story of Doctor Manente (1929)

Manuskripte en vroeë konsepte van werke

[wysig | wysig bron]
  • Paul Morel (1911–12), geredigeer deur Helen Baron, Cambridge University Press, 2003 (eerste uitgawe), ISBN 0-521-56009-8, 'n vroeëre manuskripweergawe van Sons and Lovers
  • The First Women in Love (1916–17) geredigeer deur John Worthen en Lindeth Vasey, Cambridge University Press, 1998, ISBN 0-521-37326-3
  • Mr Noon (onvoltooide roman) Dele I en II geredigeer deur Lindeth Vasey, Cambridge University Press, 1984, ISBN 0-521-25251-2
  • The Symbolic Meaning: The Uncollected Versions of Studies in Classic American Literature, geredigeer deur Armin Arnold, Centaur Press, 1962
  • Quetzalcoatl (1925), geredigeer deur Louis L Martz, W W Norton Edition, 1998, ISBN 0-8112-1385-4, vroeë konsep van The Plumed Serpent
  • The First and Second Lady Chatterley Novels, geredigeer deur Dieter Mehl en Christa Jansohn, Cambridge University Press, 1999, ISBN 0-521-47116-8.

Boeke oor Lawrence se skilderwerk

[wysig | wysig bron]
  • The Paintings of D. H. Lawrence, Londen: Mandrake Press, 1929.
  • D. H. Lawrence's Paintings, ed. Keith Sagar, Londen: Chaucer Press, 2003.
  • The Collected Art Works of D. H. Lawrence, ed. Tetsuji Kohno, Tokio: Sogensha, 2004.


Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Ensiklopediese inligting

  • (en) "D.H. Lawrence". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 September 2019.
Werke en agtergrond

D.H. Lawrence Ranch

Laaste rusplek