[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Gentoo Linux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gentoo
Webwerf:www.gentoo.org Edit this at Wikidata
Maatskappy/
ontwikkelaar:
Gentoo Foundation
Bedryfstelsel-familie:Linux
Bronkodemodel:Vrye en Oopbron Sagteware
Opdateermetode:rollende vrystelling
Paketbestuurder:Portage
Platforms wat ondersteun word:IA-32, x86-64, IA-64, PA-RISC; PowerPC 32/64, SPARC 64-bit, DEC Alpha, ARM
Kerntipe:Monolitiese kernel
Lisensie:GPL

Gentoo Linux is 'n Linux-verspreiding wat ontwerp is om vinnig te wees, maklik om in stand te hou, en om geoptimiseer te wees vir die gebruiker se rekenaar. Meeste, indien nie alle, programme word gebou vanaf die bronkode, in teenstelling met meeste ander verspreidings wat slegs vooraf-geboude pakkette beskikbaar stel. Sekere groter sagtewarepakkette, soos LibreOffice en Mozilla Firefox word egter ook beskikbaar gemaak as vooraf-geboude weergawes vir sekere argitekture, as gevolg van die lang tyd wat dit neem vir hierdie pakkette om vertaal te word. Om sagteware te installeer word die Portage-stelsel gebruik, wat spesifiek vir Gentoo ontwerp is.