[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Braam le Roux (skrywer)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Braam le Roux (* 28 Augustus 1918, Middelburg – † 31 Desember 1956, De Deur[1]) was ’n Afrikaanse skrywer van spanningsverhale, wat veral bekendheid verwerf vir sy reekse boeke oor Die swart luiperd en Temmers van die woestyn, Die SA Polisie, Die Swerwerspeurder en Die woeste Laeveld. Laasgenoemde skryf hy saam met die skrywer, Dewald Brink. Sy reeks boeke is so gewild dat al sy reekse na sy dood voortgesit word deur ander skrywers. Die skrywer F.A. Venter (onder die skuilnaam Meiring Fouché) publiseer nog 23 titels in Die Swart Luiperd-reeks, terwyl die skrywer R. Hendriks die Temmers van die woestyn-reeks voortsit. 'Die SA Polisie' en 'Die Swerwerspeurder' reekse word Gys van Graan, Gerrie Radlof en F.A. Venter (as Meiring Fouché) voortgesit. Deur die loop van le Roux se loopbaan publiseer hy meer as 'n honderd boeke.[2]

Lewe en werk

[wysig | wysig bron]

Abraham le Roux Botha is op 28 Augustus 1918 op Middelburg in die Transvaal gebore. Hy matrikuleer in Pretoria en is dan werksaam by die Spoorweë en die Staatsdiens terwyl hy deur private studie verder studeer. Daarna is hy as joernalis verbonde aan Die Transvaler en Die Ruiter, totdat hy besluit om hom voltyds aan sy skryfwerk te wy.

Weens ’n ongeluk te perd is sy linkerhand slap en onbruikbaar, wat meebring dat hy al sy verhale met net een hand moet tik.[3] Ten spyte van hierdie gebrek is hy die enigste Afrikaanse skrywer wat in die vyftigerjare uitsluitend van sy skryfwerk leef en daarmee ’n behoorlike inkomste verdien.

In die laaste jare van sy lewe het hy ’n vaste kontrak gehad om twee boeke per maand te lewer! Hy was getroud. Hy is op 31 Desember 1956 oorlede, kort nadat hy van vakansie in Houtbaai in Kaapstad terug gekeer het na sy woning De Deur naby Johannesburg. Op pad terug voel hy reeds nie lekker nie en tuis ontbied sy vrou die huisdokter, maar hy is kort daarna oorlede.

Skryfwerk

[wysig | wysig bron]

Spanningsverhale

[wysig | wysig bron]

Sy eerste boek verskyn in 1946 en by sy sterwe het hy meer as honderd boeke geskryf, waarvan bykans ’n driekwartmiljoen eksemplare verkoop is. Aanvanklik skryf hy losstaande spanningsverhale.

Fiskale van Zimbabwe vestig onmiddellik sy gewildheid en hierdie verhaal word verskeie kere herdruk. Hierdie riller speel af teen die spookagtige ruïnes van Zimbabwe, waar die bobbejaanmanne die septer swaai en nie indringing duld nie en die ek-verteller verskeie noue ontkomings beleef.

Die geheim van Njabela is gebaseer op die gebied en tradisies van die Amandebele stam in Mpumalanga, maar is andersins blote fiksie. Hulle reënfeeste word nog jaarliks op die kruine van die Bothasberge gehou en gedurende die feestye waag geen vreemde stam hulle in die nabyheid nie. Die sogenaamde stat van Njabela is op ’n koppie in die voue van die Bothasberge gebou.

Haat dan die mens speel af op een van die groot eilande êrens in een van die groot riviere van suidelike Afrika en is gebaseer op ’n verhaal wat die oom op die eiland aan die skrywer vertel het.

Reeks-boeke

[wysig | wysig bron]

Hy verwerf egter veral bekendheid vir die reekse wat hy vir boekklubs skryf, naamlik Die swart luiperd, Temmers van die woestyn, Die SA Polisie, Die Swerwerspeurder en Die woeste Laeveld. Hierdie reekse is vol spanning en opwinding en verskaf iets nuuts tydens die verskyning daarvan, aangesien dit eg Suid-Afrikaans is en nie op buitelandse modelle steun vir inspirasie nie.

Die swart luiperd-reeks

[wysig | wysig bron]

Die swart luiperd is Leon Fouché, ’n jong Boerseun wie se ma reeds voor die Eerste Vryheidsoorlog deur die Basotho’s vermoor is. Sy pa trek dan die wildernis in en neem sy enigste seun saam. Na sy pa se dood vertoef Leon in die wildernis en klee hom in ’n swart luiperdmondering. Saam met sy mak luiperds, Simon en Spikkels, beleef hy verskeie avonture diep in die hartland van Afrika en kom vreemde wesens, diere en beskawings teen. So gewild is Die swart luiperd dat die uitgewers hierdie reeks na sy dood met ’n ander skrywer voortsit. F.A. Venter (onder die skuilnaam Meiring Fouché) dra nog 23 titels by tot Die swart luiperd.[4]

Die temmers vn die woestyn-reeks

[wysig | wysig bron]

Die temmers van die woestyn is ’n reeks sonder ’n deurlopende hoofkarakter en beskryf avonture in die dae toe die land nog woes en ongetem was en mense nog ver uitmekaar gebly het. R. Hendriks skryf ook na sy dood ’n groot aantal boeke in die Temmers van die woestyn-reeks.[5]

Die S.A. Polisie en Swerwerspeurder-reekse

[wysig | wysig bron]

Die S.A. Polisie en Swerwerspeurder-reeks bestaan eintlik uit twee reekse, naamlik die S.A. Polisie-reeks (met die speurkonstabel Kobus Roode as held) en Die Swerwerspeurder-reeks (met die privaat speurder Obed de Swardt as held). Braam le Roux is oorlede voordat hy hierdie reekse kon voltooi en die uitgewer kombineer daarna die boeke in een reeks, sodat die hoofkarakters mekaar afwissel. Die gewildheid van die boeke noop hulle ook om vir Gys van Graan, Gerrie Radlof en Meiring Fouché te nader om ekstra boeke in die reeks te skryf.[6][7]

Die Woeste Laeveld-reeks

[wysig | wysig bron]

Saam met Dewald Brink skryf hy ook Die Woeste Laeveld-reeks. Dit is geskoei op die voorbeeld van die Wilde Weste-verhale uit Amerika en speel af in die tydperk 1885–1887, toe die ontdekking van goud honderde mense na die gebiede om Barberton laat stroom het. ’n Kosmopolitiese bevolking is in Barberton saamgehok en wetteloosheid het onrusbarend toegeneem. Die Republikeinse Polisie is nie in staat om hierdie wetteloosheid die hoof te bied nie.

Publikasies

[wysig | wysig bron]
Jaar Publikasies[8]
1946 Fiskale van Zimbabwe
1948 Die geheim van Njabela
1950 Honger wolwe
1951 Haat dan die mens
Oë in die muur
Bloed aan jou hande
1952 Hoonlag van die duiwel
1957 Die een wat laaste lag
Swart Luiperd-reeks:[4]
1954 Rooi Maskers
Kloue van die valk
Skedels in die sand
Gemaskerde moordenaars
Die mensvreters van Tsawo
Die bloedboodskap
Kamerade van die draak
Die kruipende dood
Die galg in die oerwoud
Die eiland van die blou duiwels
Pyle van vuur
Die mense van die meer
Die dood kom stil
Man sonder kop
Die songod praat
Pad van die arend
Die duiwel is ’n vrou
Geheim van die wit heks
Gees uit die vuur
Waar die dooies leef
Dans van die dood
1955 Bloedfees van die ape
Wraak van die gorillas
Vallei van gedrogte
Rooi is die waters
Fees van die kopbeen
Die watermonster brul
1956 Geheim van die berge
Newels van verraad
Bloed op die maan
Die laaste kreet
Die groot voël sterf
Die geheim van die groen hel
1957 Spoor na die onbekende
Manne van die maan
Draer van die bloedstene
Die gorillas kom!
Tiere van die heilige woud
Vegters van die slanggod
Goud en assegaaie
1958 Die jagters van Bloedeiland
Kettings in die oerwoud
Oog van die Songod
Wraak van die woud
Bloed van die maagd
Temmers van die woestyn-reeks:[5]
1953 Die bekende vreemdeling
Die wind beveel
Ek kom vannag
1954 Wyn met bloed
Gif vir die hart
Vlamme teen die horison
Moordenaar in wit
Wind oor haar graf
Gestaltes in die skemer
Lantern in die nag
Nag van wraak
Geraamtes op die duine
Skaduwees op die krans
1955 Sluipers in die nag
Die dal van vrees
Lied van die klowe
Berg van verraad
Vlam van hartstog
Die nagwind ween
1956 Wees sterk my hart
Die nag het oë
Wolke voor die maan
Swerwer uit die weste
Vrees is my erfenis
Vreemde maskers
Ver lê die môre
Duiwels van die duine
Ridders uit die bose
Kring van die aasvoël
Swart wolk oor die Kalahari
1957 Wag tot dagbreek
Wolwe van die wildernis
Moordenaars van die Kosiesberge
Skerpioen van die Richtersveld
1958 Bloedspoor oor die kranse
Nag van verskrikking
Die wurgbende
Kraaie oor die wapad
Die rooi duiwel
S.A. Polisie-reeks[6]
1954 Monster uit die mis
My metgesel die dood
1955 Vallei van wit beendere
Rivier van onheil
Terwyl die nagwolf huil
Vrou van skarlaken
Een uur vir Satan
Geen galg vir jou
Glimmende skedels
Vrou in die skaduwees
Reën oor die berge
Die band van bloed
Swerwerspeurder-reeks[7]
1956 Riete in die wind
Wraak is myne
Met ’n druppel wyn
Sterf om twaalfuur
1957 Kettings vir die siel
Vrees vannag
Die Woeste Laeveld-reeks
1950 Vlam van die Laeveld (met Dewald Brink)
Die poort van trane (met Dewald Brink)
Vonnis van die berge (met Dewald Brink)
Spore in die dou (met Dewald Brink)
Beminde verraaier (met Dewald Brink)
Geen vergiffenis (met Dewald Brink)
1953 Hoefslae teen middernag
Ruiters van die dood

Verwysings

[wysig | wysig bron]