Blokketting
'n Blokketting is 'n verspreide databasis wat 'n aaneenhoudende groeiende lys byhou van geordende rekords (data), genoem blokke. Elke blok beskik oor 'n tydstempel en 'n verbinding tot 'n vorige blok. Deur ontwerp is blokkettings inherent gehard teen die ongemagtigde verandering van data. Sodra 'n blok van rekords gestoor is, sal enige toekomstige verandering aan daardie blok die huts van die blok verander en sodoende onthul dat daar aan die data gepeuter is. Dit is as gevolg van die aard waarop data oor verskeie rekenaars wêreldwyd verspreid voorkom. Binne die stelsel vind daar 'n gegewensuitruiling plaas en die verifikasie tussen die nodusse in die stelsel word uitgevoer. Dit gebeur deur middel van 'n konsensusproses.
Blokkettings is deur ontwerp beveilig en 'n voorbeeld van 'n verspreide gerekenariseerde stelsel met 'n hoë Bisantynse foutverdraagsaamheid. Gedesentraliseerde konsensus kan verkry word deur middel van die blokketting. Dit maak blokkettings geskik vir die rekordhouding van byeenkomste, aktes, mediese rekords en vir ander rekordbestuurdoeleindes, identiteitbestuur, transaksieverwerking en die bewys van herkoms. Die aanwending van 'n blokketting kan daarvoor sorg dat 'n derde party oortollig is om die betroubaarheid van 'n transaksie te waarborg. In die toekoms gaan blokkettings reuse implikasies inhou vir verskeie bedrywe wat tans transaksies verifieer.
Satoshi Nakamoto ('n pseudoniem van 'n onbekende persoon of groep) het die eerste blokketting in 2008 konseptualiseer. Dit is in 2009 as die kernkomponent van die digitale geldeenheid bitcoin geïmplementeer, waar dit as die openbare joernaal vir alle transaksies dien. Die eweknienetwerk en verspreide tydstempelfunksie bring die outonome en onafhanklike bestuur van die blokketting tot stand. Die uitvinding van die blokketting vir bitcoin het dit die eerste digitale geldeenheid gemaak wat die dubbeluitgaweprobleem sonder die daarstel van 'n gesentraliseerde bediener oplos.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die kriptograaf David Chaum het die eerste keer 'n soort van blokkettingprotokol voorgestel in sy 1982 proefskrif "Computer Systems Established, Maintained, and Trusted by Mutually Suspicious Groups.[1] Verdere werk aan 'n kriptografies beveiligde blokkettings is in 1991 deur Stuart Haber en W. Scott Stornetta beskryf.[2] Hulle wou 'n stelsel implementeer waar daar nie met dokumenttydstempels gepeuter kan word nie. In 1992 het Haber, Stornetta en Dave Bayer Merkle-bome (of hutsbome) by die ontwerp toegevoeg, wat die doeltreffendheid daarvan verbeter het deurdat verskeie dokumentsertifikate in een blok versamel kon word.[3][4]
Die eerste blokketting is in 2008 gekonsepsualiseer deur 'n persoon (of groep mense) bekend as Satoshi Nakamoto. Nakamoto het die ontwerp op 'n belangrike manier verbeter deur 'n hutscash-agtige metode te gebruik om blokke te tydstempel sonder dat dit deur 'n betroubare party onderteken moet word. Voorts is 'n moeilikheidsparameter ingestel om die tempo waarmee blokke by die ketting gevoeg word, te stabiliseer.[5] Die ontwerp is die volgende jaar deur Nakamoto geïmplementeer as 'n kernkomponent van die kriptogeld bitcoin, waar dit dien as die openbare grootboek vir alle transaksies op die netwerk.[6]
In Augustus 2014 het die bitcoin blokketting-lêergrootte, wat rekords bevat van alle transaksies wat op die netwerk plaasgevind het, 20 GB (gigagrepe) bereik.[7] In Januarie 2015 het die grootte gegroei tot byna 30 GB, en van Januarie 2016 tot Januarie 2017 het die bitcoin blockchain van 50 GB tot 100 GB groot geword. Die grootboekgrootte het vroeg in 2020 200 GB oorskry.[8]
Die woorde blok en ketting is afsonderlik in die oorspronklike artikel van Satoshi Nakamoto gebruik, maar is uiteindelik teen 2016 as 'n enkele woord, blokketting, gewild.
Volgens Accenture dui 'n toepassing van die verspreiding van innovasieteorie daarop dat blokkettings in 2016 'n aannemingsyfer van 13,5% binne finansiële dienste bereik het, en dus die fase van vroeë aanvaarding bereik het.[9] Bedryfshandelgroepe het aangesluit om die Global Blockchain Forum in 2016 te skep, 'n inisiatief van die Kamer van Digitale Handel.
In Mei 2018 het Gartner gevind dat slegs 1% van die hoof informasie beamptes (CIO's) enige soort blokketting-aanneming binne hul organisasies aangedui het, en slegs 8% van die CIO's was op die kort termyn 'beplan of [kyk] na aktiewe eksperimentering met blokketting. [10]
Struktuur en ontwerp
[wysig | wysig bron]'n Blokketting is 'n gedesentraliseerde, verspreide en dikwels publieke, digitale grootboek wat bestaan uit rekords wat blokke genoem word wat gebruik word om transaksies oor baie rekenaars aan te teken sodat enige betrokke blok nie terugwerkend verander kan word nie, sonder die wysiging van alle daaropvolgende blokke.[11] Dit stel die deelnemers in staat om transaksies onafhanklik en relatief goedkoop te verifieer en te oudit.[12] 'n Blokketting-databasis word outonoom bestuur deur 'n eweknienetwerk en 'n verspreide tydstempelbediener te gebruik. Hulle word gewaarmerk deur massasamewerking aangedryf deur kollektiewe eiebelange.[13] So 'n ontwerp fasiliteer robuuste werkvloei waar deelnemers se onsekerheid oor datasekuriteit marginaal is. Die gebruik van 'n blokketting verwyder die kenmerk van oneindige reproduseerbaarheid van 'n digitale bate. Dit bevestig dat elke eenheid van waarde net een keer oorgedra is, wat die langdurige probleem van dubbelbesteding oplos. 'n Blokketting is beskryf as 'n waarde-uitruilprotokol.[14] 'n Blokketing kan titelregte handhaaf, want, wanneer dit behoorlik opgestel is om die uitruilooreenkoms te beskryf, dit 'n rekord verskaf wat aanbod en aanvaarding afdwing.
Logies kan 'n blokketting gesien word as wat uit verskeie lae bestaan:[15]
- infrastruktuur (hardeware)
- netwerkvorming (nodusontdekking, inligtingverspreiding [16] en verifikasie)
- konsensus (bewys van werk, bewys van belang)
- data (blokke, transaksies)
- aansoek (slim kontrakte/gedesentraliseerde toepassings, indien van toepassing)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sherman, Alan T.; Javani, Farid; Zhang, Haibin; Golaszewski, Enis (Januarie 2019). "On the Origins and Variations of Blockchain Technologies". IEEE Security Privacy. 17 (1): 72–77. arXiv:1810.06130. doi:10.1109/MSEC.2019.2893730. ISSN 1558-4046. S2CID 53114747.
- ↑ Haber, Stuart; Stornetta, W. Scott (Januarie 1991). "How to time-stamp a digital document". Journal of Cryptology. 3 (2): 99–111. CiteSeerX 10.1.1.46.8740. doi:10.1007/bf00196791. S2CID 14363020.
- ↑ Haber, Stuart; Stornetta, W. Scott (Januarie 1991). "How to time-stamp a digital document". Journal of Cryptology. 3 (2): 99–111. CiteSeerX 10.1.1.46.8740. doi:10.1007/bf00196791. S2CID 14363020.
- ↑ Bayer, Dave; Haber, Stuart; Stornetta, W. Scott (Maart 1992). Improving the Efficiency and Reliability of Digital Time-Stamping. pp. 329–334. CiteSeerX 10.1.1.71.4891. doi:10.1007/978-1-4613-9323-8_24. ISBN 978-1-4613-9325-2.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - ↑ Haber, Stuart; Stornetta, W. Scott (Januarie 1991). "How to time-stamp a digital document". Journal of Cryptology. 3 (2): 99–111. CiteSeerX 10.1.1.46.8740. doi:10.1007/bf00196791. S2CID 14363020.
- ↑ "Blockchains: The great chain of being sure about things". The Economist. 31 Oktober 2015. Geargiveer van die oorspronklike op 3 Julie 2016. Besoek op 18 June 2016.
- ↑ Nian, Lam Pak; Chuen, David LEE Kuo (2015). "A Light Touch of Regulation for Virtual Currencies". In Chuen, David LEE Kuo (red.). Handbook of Digital Currency: Bitcoin, Innovation, Financial Instruments, and Big Data. Academic Press. p. 319. ISBN 978-0-12-802351-8.
- ↑ "Blockchain Size". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 25 Februarie 2020.
- ↑ "The future of blockchain in 8 charts". Raconteur. 27 Junie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2016. Besoek op 3 Desember 2016.
- ↑ "Hype Killer - Only 1% of Companies Are Using Blockchain, Gartner Reports | Artificial Lawyer". Artificial Lawyer (in Engels (VK)). 4 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2018. Besoek op 22 Mei 2018.
- ↑ Armstrong, Stephen (7 November 2016). "Move over Bitcoin, the blockchain is only just getting started". Wired. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2016. Besoek op 9 November 2016.
- ↑ Catalini, Christian; Gans, Joshua S. (23 November 2016). "Some Simple Economics of the Blockchain" (PDF). SSRN. doi:10.2139/ssrn.2874598. hdl:1721.1/130500. S2CID 46904163. SSRN 2874598. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 16 September 2019.
- ↑ Tapscott, Don; Tapscott, Alex (8 Mei 2016). "Here's Why Blockchains Will Change the World". Fortune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 16 November 2016.
- ↑ Bheemaiah, Kariappa (Januarie 2015). "Block Chain 2.0: The Renaissance of Money". Wired. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2016. Besoek op 13 November 2016.
- ↑ Chen, Huashan; Pendleton, Marcus; Njilla, Laurent; Xu, Shouhuai (12 Junie 2020). "A Survey on Ethereum Systems Security: Vulnerabilities, Attacks, and Defenses". ACM Computing Surveys. 53 (3): 3–4. arXiv:1908.04507. doi:10.1145/3391195. ISSN 0360-0300. S2CID 199551841.
- ↑ Structured Information Flow (SIF) Framework for Automating End-to-End Information Flow for Large Organizations, https://vtechworks.lib.vt.edu/handle/10919/31148 , Virginia Tech, 2006-02-02, en, Bhatia, Shishir