Bloemhof
Bloemhof | |
---|---|
Bloemhofstasie | |
Koördinate: 27°39′0″S 25°35′24″O / 27.65000°S 25.59000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Lekwa-Teemane |
Stigting | 1864 |
Oppervlak | |
• Totaal | 50,9 km2 (19,7 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 27 904 |
• Digtheid | 548/km2 (1 420/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 9.5% |
• Swart mense | 83.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 65.4% |
• Afrikaans | 14.6% |
• Sotho | 7.2% |
• Xhosa | 6.6% |
• Ander | 6.3% |
Poskode (strate) | 2660 |
Poskode (posbusse) | 2660 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | http://www.bloemhof.co.za/ |
- Hierdie artikel behandel die landelike dorp. Vir die skool, sien Hoër Meisieskool Bloemhof.
Bloemhof is 'n landelike dorp met gesamentlik 27 904 inwoners op die oewer van die Vaalrivier in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp is in 1864 gestig nadat diamante in die area ontdek is. Die dorp is op John Barclay se plaas, Klipfontein, uitgelê. Barclay was 'n oorlewende van die HMS Birkenhead wat in 1852 by Danger Point gestrand het. Die plek is Bloemhof genoem na aanleiding van die pragtige tuine wat deur Barclay se dogter aangeplant is. Die dorp is in 1865 opgemeet en in 1869 geproklameer.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 1 733 km2 groot. Die belangrikste bedrywighede is mielies en beesboerdery. Tussen Bloemhof en Christiana is daar verskeie soutpanne waar sout geoes word.
Die Bloemhofdam is een van die grootste damme in Suid-Afrika. Die N12 nasionale pad gaan deur Bloemhof.
Die sanger Bles Bridges is in 2000 in 'n padongeluk naby die dorp oorlede.
Skole
[wysig | wysig bron]Toeristeaantreklikhede
[wysig | wysig bron]- Die Bloemhofdamnatuurreservaat
- Sandveld-natuurreservaat
- SA Lombard-wildreservaat
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Bloemhof, Boitumelong en Coverndale tydens die 2011-Sensus.
Schweizer-Reneke | Wolmaransstad | Bothaville | ||
Taung | ||||
Bloemhof | ||||
Christiana | Hertzogville | Hoopstad Welkom |