[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Bahia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bahia
Vlag van Bahia Wapen van Bahia
Map of Brazil highlighting the state
Sien ander Brasiliaanse state
Land Vlag van Brasilië Brasilië
Hoofstad Salvador da Bahia
Grootste stad Salvador da Bahia
Oppervlakte 564 692 km²
Bevolking
  - Totaal
  - Digtheid

13 950 146 (2006)
24,7 inw./km²
Goewerneur Jaques Wagner
Visegoewerneur Edmundo Pereira Santos
MOI (2005) 0,742 – middel
Tydsone UTC-3

Bahia (Portugees vir Baai) is een van die 26 state van Brasilië. Dit is die vierde grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking, en die vyfde grootste volgens oppervlakte. Die hoofstad en grootste stad, Salvador da Bahia, het 'n bevolking van 2 948 733 in 2008.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Bahia is in die noordweste van die land geleë en word deur die deelstate Minas Gerais en Espírito Santo in die suide, Goiás en Tocantins in die weste, Sergipe, Alagoas, Pernambuco en Piauí in die noorde, en die Atlantiese Oseaan in die ooste begrens.

Demografie

[wysig | wysig bron]

Etniese groepe

[wysig | wysig bron]

Die hoofstad, Salvador da Bahia, is omtrent 53,8% Bruinmense, 16,7% Witmense, en 28,5% Swartmense. Bahia en Salvador het die meeste Swartmense, by bevolking en persent, in Brasilië. Salvador is ook die derde grootste stad in die land (na São Paulo en Rio de Janeiro).

Etniese groep Persent Bevolking
Bruin 62,90% 8 874 561
Wit 20,90% 2 948 781
Swart 15,70% 2 215 113
Ander 0,60% 84 654

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Historiese stadskern van Salvador

Die Portugees Pedro Álvares Cabral het Monte Pascoal ('Paasfeesberg) naby Itamaraju waargeneem en in 1500 in die huidige Porto Seguro aan die suidkus van Bahia geland en het die grondgebied vir Portugal geëis. In 1549 vestig Portugal die stad Salvador op 'n heuwel wat op Allerheilige-baai uitkyk. Die stad en die omliggende "kapteinskap" het gedien as die administratiewe hoofstad van Portugal se kolonies in die Amerikas tot 1763. Dit bly die godsdienstige hoofstad van die Rooms-Katolieke hiërargie van Brasilië, met sy aartsbiskop as die nasionale primaat. Salvador besit die land se oudste katedraal en die eerste mediese kollege, sowel as die grootste aantal kerke per capita van enige Brasiliaanse staat se hoofstad.

Die "kapteinskap" van Bahia was die eerste wat misluk het, met sy grond wat in 1549 na die Portugese kroon teruggekeer het. Terwyl Portugal met Spanje verenig was, het die Nederlandse ondernemings in Oos- en Wes-Indië probeer om Bahia te verower, maar hulle is grotendeels in die gebied verslaan, met Nederlandse Brasilië tot Pernambuco beperk.

Bahia was 'n sentrum van die verbouing van suikerriet vanaf die 16de tot die 18de eeu en bevat 'n aantal historiese dorpe, soos Cachoeira, wat uit hierdie era dateer. Die invoer van 'n groot aantal slawe in Afrika was 'n integrale deel van die suiker-ekonomie: meer as 'n derde van alle slawe wat uit Afrika geneem is, is na Brasilië gestuur, meestal om in Bahia dedokumenteer te word voordat hulle in plantasies elders in die land gestuur is.

Die staat was die laaste gebied van die land wat by die Ryk van Brasilië aangesluit het, aangesien lede in die plaaslike elite lojaal gebly het aan die Portugese kroon nadat die res van die land op 7 September 1822 onafhanklikheid onder Pedro I verklaar het. Beheer oor die provinsie was betwis in verskeie veldslae, meestal in Pirajá, voordat die Portugese op 2 Julie 1823 ten volle verdryf is. Onder die naam Bahia Onafhanklikheidsdag is hierdie datum van plaaslike belang met die Brasiliaanse onafhanklikheidsdag, wat die proklamasie van Pedro op 7 September herdenk. Dit het 'n Brasiliaanse staat in 1889 geword.

Charles Darwin het Bahia in 1832 besoek op sy beroemde reis op die Beagle. In 1835 was Bahia die plek van 'n stedelike slaweopstand, die Malê-opstand van 1835 deur die oorwegend Moslem-Wes-Afrikaanse slawe in daardie tyd. Die term malê was gereeld gebruik om na Moslems te verwys van die Yoruba-woord imale. Die opstand is veral opvallend as die grootste slawe-opstand in die geskiedenis van die Amerikas. Onder die Ryk het Bahia 14 afgevaardigdes na die algemene vergadering en 7 senatore gestuur; sy eie provinsiale vergadering het uit 36 lede bestaan. In die 19de eeu het katoen-, koffie- en tabakaanplantasies by die suikerriet aangesluit, en die ontdekking van diamante in 1844 het gelei tot 'n groot toestroming van "wasers" (garimpeiros) totdat die nog groter afsettings in Suid-Afrika aan die lig gekom het. Caetité het in 1872 'n kleiner oplewing getref toe ametiste daar ontdek is. Die veebedryf van die binneland het tot die ontwikkeling van Feira de Santana gelei voordat dit in 'n reeks droogtes ineengestort het.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Collins, John F. (2015), Revolt of the Saints: Memory and Redemption in the Twilight of Brazilian Racial Democracy, Durham: Duke University Press.
  • Romo, Anadelia A. (2010), Brazil's Living Museum: Race, Reform, and Tradition in Bahia, Chapel Hill: University of North Carolina Press 

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
Deelstate van Brasilië

Distrito Federal
Acre · Alagoas · Amapá · Amazonas · Bahia · Ceará · Espírito Santo · Goiás · Maranhão · Mato Grosso · Mato Grosso do Sul · Minas Gerais · Pará · Paraíba · Paraná · Pernambuco · Piauí · Rio de Janeiro · Rio Grande do Norte · Rio Grande do Sul · Rondônia · Roraima · Santa Catarina · São Paulo · Sergipe · Tocantins