Carel Greeff
| |||||
Volle naam | Carel Frederik Kirsten Greeff | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 20 Mei 1990 | ||||
Geboorteplek | Klerksdorp, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,83 m | ||||
Massa | 103 kg | ||||
Skool | Hoërskool Schoonspruit | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank/Agtsteman | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013 | Wits | 7 | (25) | ||
korrek soos op 1 Mei 2015. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006–08 2009 2011 2013– |
Luiperds Natalse Haaie Goue Leeus Griekwas |
1 30 |
(0) (80) | ||
korrek soos op 1 Mei 2015. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015– | Cheetahs | 6 | (10) | ||
korrek soos op 17 Junie 2015. |
Carel Greeff (* 20 Mei 1990) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as flank speel in die Superrugbyreeks en vir die Griekwas[1] in die Curriebekerreeks.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Jeug
[wysig | wysig bron]Greeff het die Luiperds in 2006 by die Grant Khomo-week, in 2007 by die o/18 Akademieweek en in 2008 die o/18 Cravenweek verteenwoordig. In 2008 is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse o/18 Elitespan na sy vertoning by die Cravenweek.
Na sy skoolloopbaan het hy hom by die Natalse Haaie aangesluit en vir hulle in die o/19 Provinsiale Kampioenskap uitgedraf.
Goue Leeus
[wysig | wysig bron]In 2011 het Greeff sy eersterangse debuut vir die Goue Leeus gemaak in ’n vrienskaplike wedstryd teen die Valke voor die aanvang van die 2011 Curriebeker Premierafdeling.[2] Hy het egter nooit in die toernooi self gespeel nie maar het die Goue Leeus se o/21-span in die Provinsiale Kampioenskap in twaalf wedstryde verteenwoordig.
Varsity Rugby
[wysig | wysig bron]Greeff het in die 2013 Varsitybeker vir die Universiteit van die Witwatersrand gespeel en vyf drieë in sewe wedstryde gedruk[3] en was die gesamentlike voorste driedrukker in die toernooi.
Griekwas
[wysig | wysig bron]Voor die 2013 Curriebekerseisoen het Greeff hom by die Griekwas aangesluit. Hy het sy debuut aldaar in die eerste wedstryd van die seisoen teen die Natalse Haaie gemaak.[4] Hy het ’n drie in beseringstyd gedruk om die telling gelykop te maak met 30 elk waarna die drie verdoel is vir ’n oorwinning deur die Griekwas.[5]
Cheetahs
[wysig | wysig bron]In 2014 is Greeff in die Cheetahs se groep vir die Ruperrugbyseisoen ingesluit. Hy was op die plaasvervangerbank vir die wedstryde teen die Western Force[6] en die Brumbies[7] maar het nie op die veld gegaan nie.
Hy het egter sy Superrugbydebuut op 24 Mei gemaak toe hy as plaasvervanger teen die Stormers uitgedraf het.[8]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "SARU Spelerprofiel Carel Greeff". Suid-Afrikaanse Rugbyunie (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 12 Augustus 2013.
- ↑ "Wedstryduiteensetting: Valke tn MTN Goue Leeus XV". Suid-Afrikaanse Rugbyunie (in Engels). 1 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2012. Besoek op 12 Augustus 2013.
- ↑ (en) "2013 Varsitybeker Driedrukkers". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 12 Augustus 2013.
- ↑ (en) "Wedstryduiteensetting: Haaie tn GWK Griekwas". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 9 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 12 Augustus 2013.
- ↑ (en) "Laat drie beklink dramatiese Griekwassege". SuperSport.com. Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 9 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 10 Augustus 2013.
- ↑ (en) "Wedstryduiteensetting: Toyota Cheetahs tn Force". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 10 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2015. Besoek op 10 Mei 2014.
- ↑ (en) "Wedstryduiteensetting: Toyota Cheetahs tn Brumbies". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 17 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2015. Besoek op 19 Mei 2014.
- ↑ (en) "Wedstryduiteensetting: DHL Stormers tn Toyota Cheetahs". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 24 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2015. Besoek op 24 Mei 2014.