6 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
6 Oktober is die 279ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (280ste in skrikkeljare). Daar volg nog 86 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 105 v.C. – Die Kimber en die Germane verslaan ’n leër van die Romeinse Republiek by die Slag van Arausio.
- 891 – Pous Formosus volg Pous Stefanus V (VI) op.
- 1689 – Pous Alexander VIII volg Pous Innocentius XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1741 – Pous Benedictus XIV verklaar Niccolò Albergati salig.
- 1794 – Keulen in die huidige Duitsland word deur Franse troepe beset, en die ideale van die Franse Rewolusie bring ’n einde aan die erfenis van die middeleeue en die selfregerende status van die stad.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Oranje-Vrystaat word amptelik deur die Verenigde Koninkryk geannekseer as die Oranjerivierkolonie.
- 1973 – Die Jom Kippoeroorlog breek uit.
- 1976 – Op bevel van premier Hua Guofeng, word die Bende van Vier saam met hul vennote in hegtenis geneem. Dit bring die Kulturele Rewolusie in China tot ’n einde.
- 1981 – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoord-aanval tydens ’n parade in Kaïro ter herdenking van die Jom Kippoeroorlog.
- 1986 – Vier persone sterf in 'n ontploffing en gepaardgaande vuur op die Yankee-klas duikboot, K129.
- 1995 – ’n Artikel in die tydskrif Nature kondig aan dat 'n planeet wat om 51 Pegasi wentel, ontdek is – die eerste buite ons sonnestelsel.
- 1999 – Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) hervorm en verander sy naam na Agri Suid-Afrika (Agri SA).
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1773 – Louis Philippe I, Franse koning († 1850).
- 1864 – Genl. Christiaan Botha, jonger broer van genl. Louis Botha († 1902).
- 1866 – Reginald Fessenden, Kanadese uitvinder († 1932).
- 1886 – Edwin Fischer, Switserse pianis en dirigent († 1960) .
- 1887 – Gordon Tomlinson, prokureur, skrywer en kampvegter vir Afrikaans († 1955).
- 1901 – Wolfgang Langhoff, Duitse akteur en regisseur († 1966).
- 1908 – Carole Lombard, Amerikaanse aktrise († 1942).
- 1914 – Thor Heyerdahl, Noorse ontdekkingsreisiger († 2002).
- 1919 – Mohamed Siad Barre, Somaliese politikus en staatsman, president van Somalië († 1985).
- 1930 – Richie Benaud, voormalige Australiese krieketkaptein en kommentator († 2015).
- 1942 – Britt Ekland, Sweedse aktrise.
- 1946 – Tony Greig, Suid-Afrikaansgebore Engelse krieketspeler († 2012).
- 1948 – Gerry Adams, Noord-Ierse politikus en die leier van Sinn Féin.
- 1963 – Elisabeth Shue, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Hyun Jung-hwa, uitgetrede vroue-tafeltennisspeler van Suid-Korea.
- 1977 – Carola Schouten, Nederlandse politikus.
- 1983 – Sunette Viljoen, Suid-Afrikaanse atleet en vrouekrieketspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 23 – Wang Mang, keiser van die Xin-dinastie van China van 9 tot 23 n.C. (* 45 v.C.)
- 925 – Muḥammad ibn Zakarīya al-Rāzi, Persiese alchemis, chemikus en filosoof (* circa 854).
- 1715 – Melchior Hoffmann, komponis van die Baroktydperk (* 1679).
- 1892 – Alfred Tennyson, Britse digter (* 1809).
- 1962 – Tod Browning, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer (* 1880).
- 1965 – Tom Kennedy, Amerikaanse akteur (* 1885).
- 1973 – Sidney Blackmer, Amerikaanse akteur (* 1895).
- 1973 – Dennis Price, Engelse akteur (* 1915).
- 1976 – Gilbert Ryle, Engelse filosoof en skrywer (* 1900).
- 1980 – Hattie Jacques, Engelse aktrise en vervaardiger (* 1922).
- 1981 – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoord-aanval (* 1918).
- 1989 – Bette Davis, Amerikaanse aktrise (* 1908).
- 1999 – Gorilla Monsoon, Amerikaanse stoeier en omroeper (* 1937).
- 2000 – Anna Rothmann, Afrikaanse skrywer en dogter van M.E.R. (* 1904).
- 2000 – Richard Farnsworth, Amerikaanse akteur en waaghals (* 1920).
- 2018 – Montserrat Caballé, 'n Spaanse operasangeres (* 1933).
- 2020 – Herbert Feuerstein, Duitse akteur en skrywer (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Duitse-Amerikanerdag in die Verenigde State
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 October. |