H.J. Redelinghuys
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Hierdie artikel behoort versmelt te word met H.J.M. Redelinghuys.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
H.J.M. Redelinghuys (1894-onbekend) was ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg.
Lewe en werk
[wysig | wysig bron]Hermanus Johannes Martinus Redelinghuys is op 21 Februarie 1894 op Riebeeck-Kasteel gebore.[1] Hy gaan op sy geboortedorp en later op Kuilsrivier in medium Engels skool. In 1915 kwalifiseer hy as boekhouer by die Metropolitan Handelskollege in Kaapstad. Hy volg hierdie beroep hierna regdeur sy werkloopbaan, met die uitsondering van drie jaar wat hy as afdelingshoof in die produktehandel werk. In 1927 studeer hy buitemuurs vir die B.Com.-graad. Hy het in Bellville gebly.
Skryfwerk
[wysig | wysig bron]Sy eerste letterkundige pogings is in 1922 wanneer van sy verhale in Die Huisgenoot en De Goede Hoop gepubliseer word. Hy skryf onder die skuilnaam Hermanus die drama in drie bedrywe “Verlief, verloof en daarna of Die waarde van ’n ware vriend”. Hy stel ook die “Nuwe Afrikaanse handboek vir debats- en Christelike jongeliedeverenigings” saam en vertaal Lew Wallace se klassieke verhaal “Ben-Hur” in Afrikaans. Die boekie “Agter die vyeblare” verskyn ook onder die skuilnaam Hermanus by die S.A. Bybelvereniging.
In 1924 verkoop hy nog ’n manuskrip aan H.A.U.M., maar hierdie boek is nooit uitgegee nie. In hierdie tyd bestempel P.C. Schoonees hom as ’n traktaatjieskrywer en ’n promoverende doktor in Nederland beskryf sy werk as ’n prul, waarna hy ophou met skryf[2] Sy suster bemoedig hom egter om weer te begin en vanaf 1936 verskyn daar weer verskeie werke uit sy pen en een van sy romans verwerf die eerste prys in ’n romanwedstryd. Die hooftema in sy werk is die armes se stryd vir voortbestaan, ’n tema wat inslag by hom vind nadat hy in 1921 gereeld werk in die agterbuurtes van Kaapstad moes doen en hy ’n maatskaplike werker se motiverende toespraak oor hierdie onderwerp bygewoon het. “Josef in Memfis” is die verhaal van die Bybelse Josef, oorvertel vir kinders
Publikasies
[wysig | wysig bron]Jaar | Publikasies |
---|---|
1922 | Agter die vyeblare (Hermanus) |
1923 | Verlief, verloof en daarna of Die waarde van ’n ware vriend (Hermanus) |
1938 | Josef in Memfis |
Nàära | |
1941 | Die uiterste draai |
1942 | Tekeninge op my kladboek |
Uit al my bande | |
1943 | Die laaste skipper |
1944 | Die familie Richter-Meus |
1946 | Eers die koninkryk |
Die leë brik | |
Uit ’n vrou | |
Samesteller | |
1923 | ’n Nuwe Afrikaanse handboek vir debats- en Christelike jongeliede-verenigings |
Vertaler | |
1924 | Ben-Hur – Lew Wallace |
Boeke
[wysig | wysig bron]- Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
Internet
[wysig | wysig bron]- Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ARedelinghuys%2C+Hermanus+Johannes+Martinus.&qt=hot_author