[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Apollo 15

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Apollo 15 was die negende bemande sending in die Apollo-program, die vierde sending wat op die maan geland het en die agtste suksesvolle sending. Dit was die eerste van wat "J-missies" genoem was – langer oorbly op die maan met 'n groter fokus op wetenskap as wat tydens vroeëre sendings moontlik was. Dit was ook die eerste sending waartydens die maankarretjie gebruik is.

Die bemanning was David Scott - bevelvoeder, Alfred Worden en James B. Irwin.

Apollo 15 is op 26 Julie 1971 gelanseer en het op 7 Augustus 1971 in die Stille Oseaan neergeplons.

James Irwin salueer die vlag van die Verenigde State van Amerika op die maan, 1 Augustus 1971.
Neerplons in die Stille Oseaan, 7 Augustus 1971 20:45 UTC
Voorafgegaan deur:
Apollo 14
Apollo-program Gevolg deur:
Apollo 16