[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Oksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Oksied is 'n chemiese verbinding van 'n element met suurstof.

Amper al die chemiese elemente vorm verbindings met suurstof. Uitsonderings is edelgasse soos helium of neon. Oksiede van goud is bekend, maar hulle is metastabiel.

Die meeste oksiede is vastestowwe, soms met hoë smelt- en kookpunte, veral die oksiede van die metale, maar oksiede van nie-metale soos CO2 of SO2 is gasse en H2O is 'n vloeistof.

In die eintlike oksiede is die oksidasietoestand van die suurstofatoom -2. Die ander element kan in sy hoogste oksidasietoestand voorkom, soos +6 vir swawel in SO3, maar soms is dit ook laer soos +4 in SO2.

Eksterne skakels