Menelik II: Verskil tussen weergawes
→Skakels: Verbeter |
→Skakels: Verbeter |
||
Lyn 45: | Lyn 45: | ||
{{Normdata}} |
{{Normdata}} |
||
{{DEFAULTSORT:Menelik II}} |
{{DEFAULTSORT:Menelik II}} |
||
[[Kategorie:Geboortes in |
[[Kategorie:Geboortes in 1844]] |
||
[[Kategorie:Sterftes in 1913]] |
[[Kategorie:Sterftes in 1913]] |
||
[[Kategorie:Ethiopiese keisers]] |
[[Kategorie:Ethiopiese keisers]] |
Wysiging soos op 07:02, 14 Junie 2021
Menelik II | |
---|---|
Keiser van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 10 Maart 1889 - 12 Desember 1913 |
Gebore | 17 Augustus 1844 |
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië[1] | |
Gesterf | 12 Desember 1913 (op 69) |
Voorganger | Yohannes IV |
Opvolger | Lij Iyasu (aangewys, maar nie gekroon) |
Gade van | Taytu Betul |
Vader | Haile Melekot (koning van Shewa) |
Moeder | Woizero Ejigayehu |
Menelik II (Ge'ez: ዳግማዊ ምኒልክ, dagmawi mənilək; perdenaam Abba Dagnew Amharies: አባ ዳኘው abba daññäw; 17 Augustus 1844 - 12 Desember 1913), gedoop as Sahle Maryam (ሣህለ ማርያም sahlä maryam), was van 1889 tot met sy dood in 1913 keiser van Ethiopië en koning van Shewa. Omstreeks 1898, op die hoogtepunt van sy binnelandse mag en buitelandse aansien, was die proses van die uitbreiding van sy grondgebied en die skep van ’n moderne keiserryk voltooi.[2]
Hy word deur baie Ethiopiërs hooggeag en word gedenk met die herdenking van die Slag van Adwa, wat op 1 of 2 Maart dwarsoor Ethiopië en in die diaspora gevier word.[3][4] Baie mense in Afrika beskou hom as ’n voorstander van Afrika-onafhanklikheid teen Europese magte tydens die Wedloop om Afrika.[5]
Bewind
Die Keiserryk Ethiopië is onder keiser Menelik omskep: Die vernaamste aspekte van modernisering is gevestig met die hulp van ministeriële raadgewers in sleutelposisies.[6] Hy het Ethiopiese soldate in die Eerste Italiaans-Ethiopiese Oorlog gelei teen Italiaanse invallers. ’n Klinkende oorwinning in die Slag van Adwa het erkenning van Ethiopië se onafhanklikheid deur buitelandse magte verseker. Dit is bevestig met diplomatieke verteenwoordiging aan sy hof en die optrek van Ethiopië se grense met die aangrensende kolonies.[2] Menelik het sy koninkryk na die suide en ooste uitgebrei en heerskappy oor ander koninkryke gevestig.[7][8] In Ethiopië word hy algemeen "Emiye Menelik" genoem (Emiye beteken "my moeder" in Arhamees).
Later in sy bewind het Menelik die eerste kabinet saamgestel om met die administrasie van die keiserryk te help; hy het betroubare en gerespekteerde adellikes as ministers aangestel. Hulle sou nog lank ná sy dood dié ampte beklee.
Verwysings
- ↑ Nielsen, Euell A. (6 Mei 2019). "Emperor Menelik II (Sahle Miriam) (1844-1913) •" (in Engels (VSA)). Besoek op 27 Junie 2020.
- ↑ 2,0 2,1 Zewde, Bahru. A history of Ethiopia: 1855–1991. 2de uitg. Eastern African studies. 2001
- ↑ https://www.aa.com.tr/en/africa/ethiopians-celebrate-125th-anniversary-of-adwa-victory/2162320
- ↑ https://www.reuters.com/article/us-ethiopia-anniversary-adwa-idUSKCN1QJ0HT
- ↑ Metaferia, Getachew (1995). "The Ethiopian Connection to the Pan-African Movement". Journal of Third World Studies. 12 (2): 300–325. ISSN 8755-3449. JSTOR 45197577.
- ↑ Teshale Tibebu, "Ethiopia: Menelik II: Era of", Encyclopedia of African history”, Kevin Shillington (red.), 2004.
- ↑ John Young (1998). "Regionalism and Democracy in Ethiopia". Third World Quarterly. 19 (2): 192. doi:10.1080/01436599814415. JSTOR 3993156.
- ↑ International Crisis Group, "Ethnic Federalism and its Discontents". Issue 153 of ICG Africa report (4 September 2009) p. 2.
Skakels
- Imperial Ethiopia – Emperor Menelik II the Early Years
- Imperial Ethiopia – Emperor Menelik II the Later Years
- Ethiopian Treasures – Emperor Menelik II
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Menelik II.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.