3 Julie
Voorkoms
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
3 Julie is die 184ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (185ste in skrikkeljare). Daar volg nog 181 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1437 – Die konsilie van Basel publiseer die “monitum” wat die magte van Pous Eugenius IV probeer beperk.
- 1478 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Mende.
- 1608 – Samuel de Champlain stig Quebec, Kanada.
- 1747 – Pous Benedictus XIV stel Henry Benedict Mary Clement Stuart van York aan as kardinaal.
- 1826 – Bartolomeo Alberto Cappellari (later Pous Gregorius XVI) word kardinaal-priester van S. Callisto.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Einde van die Slag van Gettysburg en oorwinning vir die Noordelike Magte.
- 1886 – Carl Benz onderneem 'n proefrit met sy eerste motor in Mannheim.
- 1890 – Idaho word die 43ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1919 – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Naupactus en nuntius in Pole.
- 1938 – 'n LNER-Klas A4-lokomotief stel 'n wêreldrekord op vir stoomlokomotiewe van 126 m.p.h.
- 1962 – Algerië word onafhanklik van Frankryk.
- 1988 – Die Amerikaanse Vloot skiet vlug vlug 655 van Iran Air af.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 321 – Valentinianus I, keiser van die Wes-Romeinse Ryk († 375).
- 1626 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam in die Kaap gevestig het († 1699).
- 1878 – George M. Cohan, Amerikaanse liedjieskrywer, akteur, sanger en danser († 1942).
- 1883 – Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu († 1924).
- 1886 – Raymond A. Spruance, Amerikaanse admiraal en diplomaat († 1969).
- 1889 – Richard Cramer, Amerikaanse akteur († 1960).
- 1896 – Doris Lloyd, Engelse aktrise († 1968).
- 1897 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige († 1978).
- 1906 – George Sanders, Russies-gebore Britse akteur († 1972).
- 1921 – Susan Peters, Amerikaanse aktrise († 1952).
- 1935 – Harrison Schmitt, Amerikaanse geoloog en ruimtevaarder.
- 1937 – Tom Stoppard, Tsjeggies-gebore Engelse skrywer.
- 1937 – Linda Rode, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en samesteller van kinderliteratuur.
- 1940 – Jerzy Buzek, Poolse politikus, 9de Eerste Minister van Pole.
- 1943 – Gary Waldhorn, Britse akteur.
- 1943 – Kurtwood Smith, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart bokswêreldkampioen († 2020).
- 1952 – Laura Branigan, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2004).
- 1962 – Tom Cruise, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1964 – Yeardley Smith, Amerikaanse aktrise, komediant en skrywer.
- 1970 – Arlene Foster, Noord-Ierse politikus.
- 1970 – Audra McDonald, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1971 – Julian Assange, Australiese joernalis, uitgewer en aktivis, stigter van WikiLeaks.
- 1976 – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein.
- 1980 – Roland Schoeman, Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer.
- 1981 − Ilse De Vis, Vlaamse aktrise en televisieomroeper.
- 1987 – Sebastian Vettel, Duitse Formule Een-renjaer, viermalige wêreldkampioen.
- 1994 – Ben Winchell, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 683 – Pous Leo II, die 80ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 611).
- 1872 – Ferdinand Augustijn Snellaert, Vlaamse skrywer.(* 1809).
- 1904 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Sionisme (* 1860).
- 1948 – J.F.W. Grosskopf, Afrikaanse skrywer (* 1885).
- 1969 – Brian Jones, Britse multi-instrumentalis, stigterslid van The Rolling Stones (* 1942).
- 1971 – Jim Morrison, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, digter en akteur (The Doors en Rick & The Ravens) (* 1943).
- 1981 – Ross Martin, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1920).
- 1986 – Rudy Vallée, Amerikaanse akteur en sanger (* 1901).
- 1989 – Jim Backus, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar (* 1913).
- 2012 – Andy Griffith, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger (* 1926).
- 2015 – Fredi Nest, Afrikaanse sanger (* 1959).
- 2015 – Diana Douglas, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2022 – Barry Ronge, Suid-Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer, skrywer, omroeper, filmresensent en humoris (* 1948).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Leo II in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 Julie. |