Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- graf
- Ruimte waarin een of meer lyke begrawe is.
- Die Sint-Pieterskerk in Rome is volgens oorlewerings op die graf van Petrus gebou.
- «Anderkant die graf.»
- Ná die dood.
- «Aan hierdie kant van die graf.»
- Terwyl iemand nog lewe.
- «Die graf maak almal gelyk.»
- Die dood wis alle verskille tussen mense uit.
- «Met een voet/been in die graf.»
- Oud en afgeleef wees. Naby die einde van sy lewe.
- «Hy grawe sy eie graf.»
- Hy bewerk self sy ondergang.
- «Sy grawe vir 'n ander 'n graf.»
- Iemand se ondergang of ongeluk probeer bewerk.
- «Hy swyg soos die graf.»
- Om die stilswye te bewaar.
- «Sy sal in haar graf omdraai.»
- Die oorledene sou die saak sterk afkeur.
- «Oor iemand se graf loop.»
- Gesê as iemand sonder rede 'n koue rilling kry.
- grafskender
- Hulp:IPA: [ɣrɑf]
-
- Graf.