Shasherivier
Die Shasherivier of Shashirivier is 'n groot sytak van die Limpoporivier in Zimbabwe. Dit strek noordwes vanaf Francistown, Botswana, en vloei in die Limpopo in op die grens tussen Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe. Die samevloeing is direk noord van die Mapungubwe Nasionale Park.
Shasherivier Shashirivier | |
---|---|
Die Shasherivier by die samevloeiing met die Limpoporivier.
| |
Stroomgebied | Botswana, Zimbabwe |
Oorsprong | Noordwes van Francistown, Botswana |
Monding | Limpoporivier |
Lengte | 300 km |
Gemiddelde afloop | 14,65 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 8 991 km² |
Ligging van die Shasherivier se monding by die Limpoporivier | |
Koördinate: 22°11′17″S 29°21′17″O / 22.18806°S 29.35472°O |
Die Shasherivier is nie 'n standhoudende rivier nie, en vloei gewoonlik slegs 'n paar dae van die jaar. Die rivier dra slegs 12,2% van die gemiddelde jaarlikse vloei van water in die Limpopokom by.
Groot sytakke van die Shasherivier sluit die Simukwe-, Shashani-, Thuli-, Tati- en Ramokgwebanariviere in.
Die Shasherivier is grootliks 'n kanaal wat met sand gevul is, met wydverspreide alluviale akwafers in die rivierkanaal onder die alluviale plein. Hierdie akwafers voorsien water aan 'n klompie besproeiingskemas, insluitende die Sibasa en Shashi.
Meer as 2 miljoen jaar gelede het die boonste Zambezirivier suidwaarts deur die Makgadikgadipan geloop na die Shasherivier.
Damme
wysigDie Shashedam is in die Shasherivier naby Francistown gebou, met die doel om die nywerheidsdorp Selebi-Phikwe van water te voorsien. Die dam voorsien ook die omliggende dorpe, die Phoeniks-nikkelmyn en Pupane-goudmyn van water.
Die Dikgatlhongdam (in Desember 2001 voltooi) is verder stroomaf gebou naby die dorp Robelela. Die dam se bakmaat is 400 000 000 kubieke meter.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Shasherivier.