2 Julie
datum
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
2 Julie is die 183ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (184ste in skrikkeljare). Daar volg nog 182 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 310 of 311 – Pous Miltiades volg Pous Eusebius op.
- 1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop gewy.
- 1664 – Slag van Marston Moor: Die koningsgesindes verloor teen die magte van die parlement.
- 1679 – Pous Innocentius XI verklaar Turibius van Mogroveio salig.
- 1776 – Nadat hy die heel nag gery het, kom Caesar Rodney net betyds om die beslissende stem te gee vir die aanvaarding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
- 1832 – Pous Gregorius XVI stel Giuseppe Maria Velzi, O.P., meester van die Apostoliese Paleis en Mario Mattei, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1839 – Opstand op die slawe-skip Amistad.
- 1865 – William Booth stig die Heilsleër.
- 1881 – Die Amerikaanse president James Garfield word geskiet. Hy sterf op 19 September 1881.
- 1932 – Die term 'New Deal' word deur president Franklin D. Roosevelt vir die eerste keer gebruik.
- 1976 – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam toe Viëtnam. Saigon word in Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 1979 – Die Susan B. Anthony dollarmunt word uitgereik.
Geboortes
- 1903 – Olaf V van Noorweë, († 1991).
- 1923 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en Nobelprys-wenner in († 1996).
- 1925 – Medgar Evers, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Decatur, Mississippi.
- 1925 – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, in Onalua, DRK († 1961).
- 1975 – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
- 1778 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof (* 1712)
- 1936 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855)
- 1937 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897)
- 1961 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899)
- 1977 – Gert Potgieter, 'n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur (* 1929)
- 1977 – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899)
- 2013 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 July. |