Sighișoara
Sighișoara (Hongaars: Segesvár; Duits: Schäßburg; Transsilaviese Saksies: Schäsbrich) is 'n stad aan die Târnava Mare-rivier in Roemenië. Dit is in die historiese streek Transsilvanië geleë en het in 2011 'n inwonertal van 28 102 gehad. Dit sluit Roemene, Hongare en Duitsers in.[1]
Die stad is 'n gewilde toeriste-attraksie danksy sy goed bewaarde ommuurde ou stad, wat deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys word. Die stad administreer sewe dorpe: Angofa, Aurel Vlaicu, Hetiur, Rora, Șoromiclea, Venchi en Viilor.
Verwysings
wysig- ↑ "2011-sensusdata" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 November 2013. Besoek op 27 Januarie 2022.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sighișoara.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.