Saab 21
Die Saab 21 is 'n Sweedse vegvliegtuig en die eerste vliegtuig wat eers met 'n suierenjin en later met 'n straalmotor aangedryf is. Hierdie vliegtuig was ontwerp om die verouderde V.S.A. en Italiaanse vegvliegtuie van die Sweedse Lugmag te vervang.
Saab 21 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Saab AB |
Ontwerp deur | Frid Wänström |
Nooiensvlug | 10 Maart 1947 |
Onttrek | 23 Julie 1954 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Sweedse Lugmag |
Vervaardig | 1945-1949 |
Aantal gebou | 298 |
Die J21A was suierenjin model, toegerus met 'n Daimler Benz-enjin en is in diens gestel in Junie 1945. Die enjin ontwerp was 'n stoot konfigurasie. Dit het ook oor 'n uitskietstoel beskik om te verseker dat persone wat uitspring nie in die skroef beland wat net 4.58 m agter die kajuit is nie.
Na ontwikkeling het die J21RA die lig gesien in 1949, toegerus met 'n straal motor. Die ontwikkeling was vertraag nadat tegniese probleme met die omskakeling ondervind was. Die straalmotor het die vliegtuig se topspoed met 160 km/h verbeter.
Daar was ook grondaanval modelle met beide enjins ontwikkel.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | de Havilland Goblin 3 turbostraal |
Kraglewering per motor | 1 500 kg stukrag |
Vlerkspan | 11,6 m |
Lengte | 10,45 m |
Hoogte | 2,95 m |
Vlerkoppervlakte | 22,2 m2 |
Maks. opstygmassa | 4 990 kg |
Maks. snelheid | 800 km/h |
Operasionele hoogte | 12 000m |
Togafstand | 720km |
Klimvermoë | 1 400 m per minuut |
Bewapening | Een 20 mm kanon en twee 13.2 mm masjiengewere in neus.
Ook twee masjiengewere in vlerke |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9