Rusyn
Rusyn (русиньска бесїда or русиньскый язык) is 'n klein Slawiese taal wat deur ongeveer een miljoen mense gepraat word. Dit word deur die meeste buitestaanders as 'n enkele taal met die enkele SIL taalkode, rue beskou. Dit word egter deur sprekers self as twee tale gesien:
- Karpate-Rusyn (ook bekend as Roeteens of Oetereinvëlt)
- Pannonië-Rusyn (ook bekend as Rusnak)
Rusyn русиньский язык, русиньска бесїда rusyn’skyj jazyk, rusyn’ska besjida | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈruːsɨn] | |
Gepraat in: | Hongarye Kroasië Pole Roemenië Oekraïne Serwië Slowakye Tsjeggië | |
Gebied: | Sentraal- en Oos-Europa | |
Totale sprekers: | 636 230[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Oos-Slawies Rusyn | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Vojvodina (Serwië) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | rue
| |
ISO 639-2: | rue
| |
ISO 639-3: | rue
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Roeteens is ook die naam van 'n uitgestorwe taal wat die voorouer van Belarussies, Oekraïens en Rusyn is; sien Ou Roeteens.
Karpate-Rusyn (Roeteens)
wysigDie Rusyn van die Karpate (bergreeks op die grens van Tsjeggië, Slowakye, Pole, Roemenië en Oekraïne) is 'n Oos-Slawiese taal (saam met Russies, Wit-Russies en Oekraïens) nou verwant aan Oekraïens. Dit word gepraat in die Transkarpatië-oblast van Oekraïne, in Oos-Slowakye, Suid-Pole (waar dit baie keer łemkowski 'Lemko' genoem word, van hulle karakteristieke woord lem/лєм 'slegs') en Hongarye. In Oekraïne word die taal as 'n Oekraïense dialek beskou, maar verslae dui daarop dat sprekers hulself gereeld as apart van Oekraïners sien.
Pogings om die taal te standaardiseer word belemmer deur die verdeling in drie lande wat daartoe lei dat elk van die lande 'n eiesoortige ortografie (in al die gevalle met die Cyrilliese alfabet) en taalkundige standaard, gebaseer op die Rusyndialekte, ontwikkel het. Die kulturele sentra van Karpate-Rusyn is Prešov in Slowakye, Oezjhorod en Moekatsjewe in Oekraïne, Krynica en Legnica in Pole en Boedapest in Hongarye. Baie aktiewe Rusyne woon ook in Kanada en die Verenigde State.
Dit is baie moeilik om 'n akkurate skatting van die aantal sprekers van Roeteens te gee, maar dit word soms op byna 'n miljoen gereken, meeste van hul in Oekraïne en Slowakye. Die taal is onlangs in Slowakye as minderheidstaal erken met status as amptelike taal in munisipaliteite waar meer as 20% van die bevolking Rusyn praat.
In die inleiding van die boek "Slavic languages", geskryf in 1973, tien jaar voor glasnost, skryf Samuel Bernshtein oor "westelike Oekraïne" en die skryftaal wat hulle tot onlangs (1973) gehad het.
Pannonië-Rusyn (Rusnak)
wysigDie Rusyn wat in die Pannoniese vlaktes of meer konkreet gestel in die noordweste van Serwië en oostelike Kroasië gepraat word (daarom ook Joego-Slawiese-Rusyn, Vojvodina-Rusyn of Bačka-Rusyn) is nader aan die Wes-Slawiese tale, en veral aan Slowaaks. Vreemd genoeg word dit in Oekraïne as 'n Oekraïense dialek en in Slowakye, deur Slowake, as 'n Slowaakse dialek beskou, terwyl dit eintlik 'n mikrotaal gebaseer op die Oostelike Slowaakse dialekte met Oos-Slawiese superstratum of bolaag (naamlik, Russiese Kerkslawies, Russies en Ou Roeteens), gesien behoort te word. Die mengsel is 'n gevolg van die feit dat dié Rusyne na Bačka van Oostelike Slowakye getrek het in ongeveer die middel van die 18de eeu, maar aangesien hulle Grieks Katoliek was, noue taalkundige en kulturele bande met die Oekraïne gehad het. Rusyn is een van die amptelike tale van die Serwiese Outonome Provinsie van Vojvodina.
Rusyne self noem hulle taal (бачваньска) руска бешеда of (бачваньски) руски язик. Hulle kulturele sentrum is Ruski Kerestur (Руски Керестур, Serwies Krstur).
Alhoewel die aantal Pannonië-Rusyn sprekers baie minder is as dié van Karpate-Rusyn (23 286 volgens 'n Joego-Slawiese sensus van 1981), het hulle die voordeel gehad om in 'n multinasionale staat te leef wat hulle 'n mate van minderheidsregte so vroeg as die 1970's gegee het. Daar is dus 'n geheel en al Rusynse sekondêre skool in Ruski Kerestur (met 250 skoolboeke wat tot dusver vir die skool en die laerskole gedruk is), 'n leerstoel vir Rusyn studies by Novi Sad Universiteit en gereelde televisie- en radioprogramme in Rusyn.
Die taal is gekodifiseer deur Mikola Kočia (Микола Кочиш) in Правопис руского язика ('Ortografie van Rusyn', 1971) en Ґраматика руского язика ('Grammatika van Rusyn', 1974) en word met Cyrilliese letters geskryf.
Literatuur oor Rusyn
wysig- A new Slavic language is born. The Rusyn literary language in Slovakia. Ed. Paul Robert Magocsi. New York 1996.
- Magocsi, Paul Robert. Let's speak Rusyn. Бісідуйме по-руськы. Englewood 1976.
- Дуличенко, Александр Дмитриевич. Jugoslavo-Ruthenica. Роботи з рускей филолоґиї. Нови Сад 1995.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Rusyn" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 28 Januarie 2017.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Rusyn. |
- Die taal Rusyn op die webwerf van die Roetene Geargiveer 10 September 2006 op Wayback Machine
- Onverteenwoordigde Nasies en Volke Organisasie Geargiveer 5 Februarie 2005 op Wayback Machine (Engels: Unrepresented Nations and Peoples Organisation - UNPO)
- Ethnologue verslag vir RUE
- Руска Матка (Ruska Matka), die sentrale kulturele organisasie vir Pannonië-Rusyn Geargiveer 10 Augustus 2018 op Wayback Machine
- Slowaakse werf oor Rusyn Geargiveer 29 Julie 2005 op Wayback Machine
- Verskeie ertikels oor Karpate-Rusyn Geargiveer 12 September 2007 op Wayback Machine
- Rusyn Intrenasionale media sentrum Geargiveer 9 Julie 2005 op Wayback Machine
- Meracator media werf oor minderheidstale Geargiveer 22 November 2004 op Wayback Machine
- Rusyn afdeling op Eurominority Webwerf vir staatlose Nasies, nasionale, kulturele en taalkundige minderhede ens. Geargiveer 5 Mei 2005 op Wayback Machine