Rawsonville
Rawsonville is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, 16 km suidwes van Worcester. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 3 100 gehad, waarvan 263 (24%) Blank was.[1]
Rawsonville | |
---|---|
Lugfoto van Rawsonville en die Smalblaarrivier | |
Koördinate: 33°41′4.9″S 19°18′54″O / 33.684694°S 19.31500°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Breedevallei |
Regering | |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,42 km2 (0,93 vk. myl) |
Hoogte | 223 m (732 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 099 |
• Digtheid | 1 281/km2 (3 320/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 23.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 66.8% |
• Swart mense | 8.5% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 95.2% |
• Xhosa | 1.7% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 6845 |
Skakelkode | 023 |
Webwerf | www.breedekloof.co.za |
Geskiedenis
wysigDie dorp is in 1858 gestig as 'n kommersiële sentrum vir die Goudinistreek. Goudini is die vervorming van 'n Khoikhoi uitdrukking wat vallei van die bitter heuning beteken. Die nuwe nedersetting is na sir Rawson W Rawson, koloniale sekretaris aan die Kaap (1854-1864), vernoem.
Wapen
wysigDie munisipale raad het in 1995 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, 'n groen kasteel met vier torings in perspektief; 'n blou hoekige skildhoof van vier stukke. Die helmteken was 'n tros druiwe, en die wapenspreuk "Labor omnia vincit".[2]
Omgewing
wysigDruiwe is die belangrikste produk wat verbou word met verskeie koöperatiewe wynkelders in die omgewing. Die Goudini Spa is ongeveer 6 km van Rawsonville; die water bereik die oppervlakte teen 40 °C.