[go: up one dir, main page]

R61 (Suid-Afrika)

Die R61 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Beaufort-Wes met Port Shepstone verbind via Graaff-Reinet, Komani (voorheen Queenstown [1]), Mthatha en Port Edward.

Provinsiale roete R61 shield

Provinsiale roete R61
Roete-inligting
Onderhou deur SANRAL, WKDVOW en OKDPOW
Lengte1 061 km (659 mi)
Belangrike aansluitings
Wespunt N1 / N12 in Beaufort-Wes
  N9 in Aberdeen
R63 in Graaff-Reinet
N9 naby Nieu-Bethesda
N10 in Cradock
R67 in Komani
N6 in Komani
R58 in Ngcobo
N2 in Mthatha
Oospunt N2 in Port Shepstone
Ligging
DorpeBeaufort-Wes
Aberdeen
Graaff-Reinet
Cradock
Tarkastad
Komani
Ngcobo
Mthatha
Libode
Bizana
Port Edward
Margate
Port Shepstone
Snelwegstelsel
Genommerde roetes in Suid-Afrika
R60R62

Die R61 is medebeskryf met die N9-nasionale pad vir 103 kilometer van Aberdeen deur Graaff-Reinet na Bethesdaweg, en met die N6-nasionale pad vir 18 kilometer suid van Komani.

Toekomsplanne

wysig

Vanaf 2018 is daar planne gesmee om dele van die ooste gedeelte van die R61, vanaf die kruising met die N2-nasionale pad in Port Shepstone tot en met die N2-aansluiting in Mthatha, aan die N2 Nasionale Roete oor te dra.[2][3][4] Daar word beplan om dit in 2024 te voltooi[5] en daar sal twee tolhekke op die roete wees.

Alhoewel dit die grootste deel van die R61-roete in die voormalige Transkei sal oorneem, sal hierdie nuwe Wildekus-hoofweg die N2 op sommige plekke verlê. Die Wildekus-hoofweg sal 'n korter en meer direkte roete vanaf Lusikisiki na Port Edward bied, terwyl die huidige R61 deur Flagstaff en Bizana op die roete tussen die twee dorpe behoue sal bly.[3][4]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) Falkner, John (1 Mei 2012). "South African Numbered Route Description and Destination Analysis". Nasionale Departement van Vervoer. p. 63. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 28 Januarie 2021.
  3. 3,0 3,1 "Wild Coast toll road on track". DispatchLIVE (in Engels). Besoek op 25 Oktober 2020.
  4. 4,0 4,1 "N2 road project to continue". DispatchLIVE (in Engels). Besoek op 25 Oktober 2020.
  5. "Wild Coast Road project takes in highest bridge in Africa". The South African (in Engels). 5 September 2020. Besoek op 25 Oktober 2020.

Eksterne skakels

wysig