[go: up one dir, main page]

Nerva (Latyn: Marcus Cocceius Nerva Caesar Augustus; 8 November 30 - 27 Januarie 98), was 'n Romeinse keiser van 96 tot 98. Nerva het op die ouderdom van 65 keiser geword, na lewenslange keiserlike diens onder Nero en die keisers van die Flaviaanse dinastie. Onder Nero was hy 'n lid van die keiserlike gevolg en was instrumenteel in die onthulling van die Pisoniese sameswering van 65. Later, as 'n lojalis aan die Flaviane, het hy die pos van konsul in 71 en 90 tydens die heerskappye van onderskeidelik Vespasianus en Domitianus verwerf.

Nerva

Tydvak Adoptiefkeisers
Voorganger Domitianus
Periode 96 - 98
Opvolger Trajanus
Geboortedatum 30
Sterfdatum 98
Geboortenaam Marcus Cocceius Nerva
Keisernaam Nerva Caesar Augustus
Adopsie-seun Trajanus

Op 18 September 96 is Domitianus vermoor in 'n sameswering waarby lede van die Pretoriaanse Garde en verskeie van sy vrygelatenes betrokke was. Op dieselfde dag is Nerva deur die Romeinse Senaat tot keiser uitgeroep. Dit was die eerste keer dat die Senaat 'n Romeinse keiser verkies het. As die nuwe heerser van die Romeinse Ryk belowe hy om vryhede te herstel wat tydens Domitianus se outokratiese bewind ingekort is.

Nerva se kort bewind is egter ontwrig deur finansiële probleme en sy onvermoë om sy gesag oor die Romeinse leër te laat geld. 'n Opstand van die Praetoriaanse Garde onder leiding van Casperius Aelianus in Oktober 97 het hom in wese gedwing om 'n erfgenaam aan te neem. Na beraadslaging het Nerva Trajanus, 'n jong en gewilde generaal, as sy opvolger aangeneem. Ná skaars vyftien maande in die amp is Nerva op 27 Januarie 98 aan natuurlike oorsake dood. Na sy dood is hy opgevolg en vergoddelik deur Trajanus.

Alhoewel 'n groot deel van sy lewe onduidelik bly, is Nerva deur antieke historici as 'n wyse en gematigde keiser beskou. Onlangse historici hersien hierdie beoordeling en karakteriseer Nerva as 'n welmenende, maar uiteindelike swak heerser, wie se heerskappy die Romeinse Ryk op die rand van 'n burgeroorlog gebring het.

Nerva se grootste sukses was sy vermoë om 'n vreedsame magsoorgang na sy dood te verseker, en daarom het hy die Adoptiewe Keisers en die Antoneinse-dinastie gestig.[1][2][3][4][5]

Verwysings

wysig
  1. Grainger (2003), p. 29
  2. Chronograph of 354, Part 3.
  3. "Aurelius Victor records the year as 35, Cassius Dio as 30. The latter has been more widely accepted" (Wend, n. 2). Ronald Syme considered the dates of Nerva's later offices more consistent with 35; see Syme, Ronald (1958). Tacitus. Oxford: Oxford University Press. p. 653. ISBN 978-0-19-814327-7.
  4. Syme (1982), p. 83
  5. Grainger (2003), p. 28

Sien ook

wysig