Michael Sata
Michael Charles Chilufya Sata (6 Julie 1937 – 28 Oktober 2014) was 'n Zambiese politikus wat van 23 September 2011 tot sy dood op 28 Oktober 2014 die vyfde president van Zambië was. Sata was onder president Frederick Chiluba 'n minister gedurende die negentigerjare as deel van die Movement for Multiparty Democracy- (MMD) regering.
Michael Sata | |
Michael Sata in 2013 | |
Ampstermyn 23 September 2011 – 28 Oktober 2014 | |
Vise | Guy Scott |
---|---|
Voorafgegaan deur | Rupiah Banda |
Opgevolg deur | Guy Scott |
Parlementslid
| |
Ampstermyn 1983 – 1996 | |
Voorafgegaan deur | Maxwell Sibongo |
Opgevolg deur | Godfrey Miyanda |
Ampstermyn 1996 – 2001 | |
Voorafgegaan deur | Guy Scott |
Opgevolg deur | Mateyo Mwaba |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Michael Charles Chilufya Sata 6 Julie 1937 Mpika, Awemba-Noord, Noord-Rhodesië (nou Zambië) |
Sterf | 28 Oktober 2014 (op 77) Londen, Engeland |
Politieke party | Patriotiese Front (2001–2014) MMD (1991–2001) UNIP (voor 1991) |
Eggenoot/-note | Margaret Manda Christine Kaseba |
Kind(ers) | 8[1] |
Hy gaan in 2001 in opposisie en vorm die PF. As 'n opposisieleier het Sata – in die volksmond bekend as "King Cobra" – voorgekom as die toonaangewende mededinger vir president Levy Mwanawasa in die 2006-presidentsverkiesing, maar is verslaan. Na Mwanawasa se dood het Sata weer in 2008 gestaan en teen president Rupiah Banda verloor.
Na tien jaar in die opposisie het Sata die dienende pres. Banda verslaan om die presidentsverkiesing in September 2011 met 'n veelvoud van stemme te wen. Hy is op 28 Oktober 2014 in Londen oorlede, en vise-president Guy Scott het waargeneem as president totdat 'n presidensiële tussenverkiesing op 20 Januarie 2015 gehou is.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Bariyo, Nicholas (29 Oktober 2014). "Zambia President Michael Sata Dies". WSJ. Besoek op 29 Oktober 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael Sata.