Kobalt-60
Kobalt-60 (Chemiese notasie: 60Co) is 'n kunsmatig vervaardigde radioaktiewe isotoop van kobalt en is 'n belangrike radioaktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Kobalt-60 | |||||||||||||||
Protone | 27 | |||||||||||||||
Neutrone | 33 | |||||||||||||||
Kernspin | 5+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -61649,0 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | radioaktief[1] | |||||||||||||||
Halfleeftyd | 5,2713 j[1] | |||||||||||||||
Vervalvorm | β- | |||||||||||||||
Kernisomere | ||||||||||||||||
Status | isomeer[1] | |||||||||||||||
Naam | Kobalt-60m | |||||||||||||||
Halfleeftyd | 10,467 m[1] | |||||||||||||||
Vervalvorm | γ, inwendige omskakeling | |||||||||||||||
Kernspin | 2+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -61590,4 keV[1] | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Verval
wysigKobalt-60 het 'n halfleeftyd van 5,27 jaar en verval deur middel van negatiewe beta-verval. In hierdie proses van verval straal kobalt-60 een elektron met 'n energie van tot 315 keV uit en vorm 'n opgewekte toestand van die stabiele isotoop nikkel-60m (60mNi). Hierdie kernisomeer van nikkel verval dan met twee gammastrale met energieë van onderskeidelik 1,17 en 1,33 MeV na die stabiele nikkelkern, nikkel-60 (60Ni)
Kobalt-60 het self ook 'n kernisomeer, Kobalt-60m
Vorming
wysigKobalt-60 kan deur vangs van 'n neutron deur die stabiele isotoop kobalt-59 gevorm word. Dit is ook 'n dogterisotoop van yster-60 wat deur supernovas gevorm word.
Aanwendings
wysigKobalt-60 word in die industrie dikwels gebruik as stralingsbron om diktes van metale te meet of die binnekant van lasse te bekyk. 'n Ander aanwending is in die radioterapie van byv. kankerpasiënte. Hulle word opsetlik aan straling blootgestel, maar dit word versigtig gedoseer. In die industriële toepassing word blootstelling so veel moontlik vermy. Ongelukke waarby werkers tog blootgestel is, het egter gebeur, soms met dodelike gevolge.[2]