Kaapse slopeend
voëlspesie
Die Kaapse slopeend (Anas smithii) kom net in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en dele van Mosambiek en Angola voor.
Kaapse slopeend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. smithii
|
Binomiale naam | |
Anas smithii |
Identifikasie
wysigDie eend het 'n breë, graafvormige snawel. Die wyfie en die mannetjie verskil van kleur.
Habitat en dieet
wysigDie Kaapse slopeend hou van vlak water wat ryk is aan insekte- en plantelewe. Die breë, plat bek word as 'n graaf en sif gebruik wanneer die voël in die modder vroetel op soek na kos.
Broeigewoontes
wysigDie nes is altyd naby die water en op die grond. Dit is uitgevoer met die dons van die wyfie, wat die 6-11 eiers bedek wanneer sy die nes verlaat.
Ander name
wysig- Engelse naam: Cape Shoveler
- Wetenskaplike naam: Anas smithii
Galery
wysig-
Wyfie - sien die donker oog
-
Mannetjie - sien geel oog, dowwe kop en blou aan die vlerke.
-
Anas smithii geskets in 1838
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
Verwysings
wysig- ↑ IUCN (2009)