Jeep CJ
Die Willys Jeep CJ (later die Keiser Jeep en AMC Jeep) is die burgerlike weergawe van die Amerikaanse Willys militêre Jeep van die Tweede Wêreldoorlog.[1]
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Willys-Overland (1944–1953) Kaiser-Jeep (1953–1970) American Motors Corporation (1970–1986) |
Produksie | 1944–1986 |
Montering | Toledo, Ohio, Verenigde State Maywood, Kalifornië, VSA Kaïro, Egipte (Arab American Vehicles) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 2-deur SNV 2-deur afslaankap 2-deur bakkie |
Uitleg | voorenjin, agterwieldryf / vierwieldryf |
Spesifikasies | |
Ratkas | 3-gang handrat (later 4- en 5-gang) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Jeep Commando |
Opvolger | Jeep Wrangler Jeep Comanche (bakkie) |
Die eerste Willys CJ-prototipe (die CJ-2) is in 1944 vrygestel, en dieselfde basiese voertuig het in produksie gebly deur sewe variante en drie korporatiewe eienaars tot in 1986 toe produksie van die AMC Jeepmodel amptelik gestaak is.[2]
Die CJ-7 en CJ-8 is in 1987 vervang deur 'n soortgelyke model, die Jeep Wrangler.
Verwysings
wysig- ↑ Allen, Jim (2004). Jeep Collector's Library. MBI Publishing. p. 49. ISBN 978-0-7603-1979-6. Besoek op 22 Februarie 2016.
- ↑ AMC VP Joseph Cappy, 28 November 1985
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |