[go: up one dir, main page]

HemelBesem

Suid-Afrikaanse kletsrymer

HemelBesem (alias Simon Witbooi) is 'n Suid-Afrikaanse kletsrymer. Hy het grootgeword in Blackheath een van die suidelike voorstede van Kaapstad, Wes-Kaap. Na sy matriekjaar is hy na Worcester, waar hy vir 'n ruk pastoor was. In 2011 het hy besluit om terug te keer Kaapstad toe om op sy ander passie, musiek, te fokus.

HemelBesem
Ook bekend asSimon Witbooi
GenresKletsrym, hip-hop
Beroep(e)kletsrymer
Instrumentestem
Webwerfhttps://hemelbesem.co.za

Met sy kletsrym, wat uit uitstekende lirieke bestaan, daag hy ras, kultuur en taal uit om persepsies te verander wat geskoei is op vooropgestelde idees.

Toekennings

wysig
  • Kunste Onbeperk Kruispunt Toekenning 2016 (Vir brugbou werk in Afrikaans)
  • Kanna 2016 (vir Die Afrikaansvatter: Beste Musiek Produksie. Eie teks en regie)
  • Woord trofee wenner 2017 (Spesiale Verbondenheids Trofee)
  • Woord trofee wenner 2016 (Adam Small Tribute Show)
  • Fiesta Benoemming vir “beste Musiek produksie” vir Die Afrikaansvatter
  • Mediaveertjies Benoeming as “Beste televisie aanbieder Pasella”
  • Ghoema 2016, 2017 en 2018 benoemmings vir “Noem My Skollie”, “is Dope”, “Die Silwer Maan” en “Blaas die Trompet”
  • 2 x Hip Hop (2010 & 2014) Indaba Kampioen (Freestyle Kampioen) steeds onoorwonne.
  • 2 x Silwer Toekennings Montagu Kunstefees (vir twee karakters uitgebeeld in “Sneeuwitjie en die sewe bergies.” ‘n Verwerking van Pieter W Grobbelaar teks)
  • Twee nommer 1 liedjies “Hoe Salla” en “YMCMBESEM” op GoodhopeFM

Televisie

wysig
  • TV-aanbieder van Pasella op SABC2
  • Aanbieder vir SuperSport se Wêreldbekerprogramme
  • Akteur in die Noem My Skollie
  • Medevervaardiger (saam met onder andere Coenie de Villiers) en akteur in die baanbrekerdokumentêr “Vat die Rap” vir KykNET.
  • Deel van die rolverdeling van die “mocumentary” previews vir die “Sy klink Soos Lente
  • Verskyn op televisieprogramme soos:
    • SABCNoot vir Noot, Naweek, Hectic Nine9, Pasella, Expresso, Morning Live
    • DSTVFiesta, Varsity Sing, Kwêla, Jou Show, Flits, Die Groot Ontbyt (almal op KykNET).
    • Hip Hop Show (MK89), Youth Program (Cape Town TV)

Musiek

wysig

Het onafhanklik die volgende albums uitgereik:

  • Dink ‘n Bietjie was die eerste Afrikaanse Hip Hop album wat in die Boland verskyn het, Dit is later verwerk as B.O.B. (Beste opgepaste Baba) album waarvan sowat 38 000 eksemplare in sogenaamde agtergeblewe gemeenskappe uitgegee is, veral die Boland en Noord-Kaap.
  • Auto-Bio-grafie, Die Woester Standard, Evil is maklik, Uwil isi Makliki, asook Double Story (met Isaac Mutant) het toe gevolg.
  • Onder BLM Publishing You Must Come Meet Besem en toe die self getitelde album HEMELBESEM, Evil is NogSteeds Maklik en God Praat Afrikaans

Optredes

wysig

Onder andere Skouspel, KKNK, Aardklop, Gariepfees, Jive Muslim Fest, Woodstock Live, Afrovibes (Nederland), Queens Day fests (Nederland, Bijlmer Bookfest (Nederland), Jubilee Fest, Kuierfees, Nama Goi Fees, Arniston Fees en Ek love die Vrystaat.

Hy is ook die meesterbrein agter die AIDS (Art is Doing Something) – album vir Departement van Gesondheid, Boland.

Ander optredes

wysig
  • Temalied vir die fliek Noem My SKollie
  • Deel van die fliek “Four Corners” se klankbaan met die lied “Complicatedft Bonzaya
  • Titellied vir Fetale Alkohol Sindroom veldtog met “As die ma drink”
  • Titellied vir “It takes a Village” veldtog met It takes a Village ft Meli Grey

Gemeenskap

wysig
  • Amptelike ambassadeur vir ATKV Crescendo vir die opheffing van Afrikaanse musiek en prakties betrokke by hierdie opheffings veldtogte deur middel van werkswinkel aanbiedings, promosie werke by skole, talent scouting, ontwikkeling asook ontplooing van hierdie talent regoor Suid-Afrika.
  • Ambassadeur vir Bazoo Kleutertydskrif en betrokke by veldtogte wat daarop gemik is om die leeskultuur onder ouers met kleuters te verwek.
  • Jaarliks betrokke as deel van Universiteit Stellenbosch se W.O.W. (Woorde open Wêrelde) skrywersbesoeke aan skole regoor die Kaap en Noord-Kaap waar kinders aangemoedig word om “Te Droom in Afrikaans”
  • Was vir 9 jaar betrokke by die skrywe, optredes en aanbiedings van programme vir die voorkoming van Fetale Alkohol Sindroom vir Fasfacts en bv Tienerswangerskappe, vir tieners, Swanger Vroue, Sjebieneienaars, Plaaswerkers, Studente, Graad 6, 7 en 11 leerders.

Teater

wysig
  • Die Afrikaansvatter 2014 – 2016 (Eie teks en regie)
  • AllBasters 2015 – 2016 (Daarmee getoer in Nederland) Eie teks en regie
  • Op ‘n ernstige Noot” ft Yoma (Eie teks en Regie)
  • 2018  God Praat Afrikaans.

Skrywes

wysig
  • Tot nou – Rubrieke vir Die Burger, Die Beeld, Taalgenoot
  • 2017 – God Praat Afrikaans (Biografie en Taalboek) Lapa uitgewers,
  • Kortverhalel vir “Die Perfekte Brander”sowel as “Poenankies” kinderboek

Radio

wysig

Eksterne skakels

wysig