[go: up one dir, main page]

Groblersdal is 'n dorp in die Limpopoprovinsie (en voorheen in Mpumalanga), in Suid-Afrika. Die dorp is tussen Loskopdam en Marble Hall geleë. Die N11 nasionale pad gaan deur Groblersdal. Volgens die 2011-sensus het Groblersdal 'n bevolking van 4 329 gehad.[1]

Groblersdal
Die ingang na Groblersdal
Die ingang na Groblersdal
Groblersdal is in Limpopo
Groblersdal
Groblersdal
 Groblersdal se ligging in Limpopo
Koördinate: 25°9′S 29°23′O / 25.150°S 29.383°O / -25.150; 29.383
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikSekhukhune
MunisipaliteitElias Motsoaledi
Regering
 • TipePlaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal5,79 km2 (2,24 vk. myl)
Hoogte
920 m (3 020 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal4 329
 • Digtheid748/km2 (1 940/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense47.6%
 • Indiërs/Asiërs3.6%
 • Bruin mense0.8%
 • Swart mense47.3%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Afrikaans50.1%
 • Noord-Sotho25.3%
 • Engels7.0%
 • Zoeloe3.5%
 • Ander14.2%
Poskode (strate)
0470
Poskode (posbusse)
0470
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.groblersdal.gov.za/

Geskiedenis

wysig

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die besproeiingskema vanuit die Loskopdam, 32 km suid van die dorp. Die dorp is uitgelê op die plaas Klipbank van WJ Grobler en na die eienaar vernoem. Die dorp is in 1938 geproklameer toe die besproeiingskema voltooi is. Munisipale status is in 1952 toegeken.

Loskopdambesproeiingskema

wysig

Die eerste uitvoerbaarheidstudie is reeds in 1905 geloods. Die dam is vernoem na die plaas Loskop wat verwys na die alleenstaande koppie in die oop veld wat slegs sigbaar is as die dam se watervlak aansienlik gedaal het. Die dam is 48 km vanaf Middelburg. Die projek is in 1938 voltooi tesame met twee kanale van 148 km. Dit is die grootste besproeiingskema naas die Vaalharts-besproeiingskema. 'n Area van 12 755 ha is opsy gesit om die dam as 'n natuurreservaat. Daar is ook 'n vakansieoord by die dam. Die damwal is in die laat 1960 met 10 meter verhoog.

Gewasse wat onder besproeiing gekweek word is: katoen, sonneblomsaad, grondboontjies, mielies, koring, lusern, tabak, groente, druiwe, perskes en sitrus.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Groblersdal". Sensus 2011.