[go: up one dir, main page]

Chtoniese gode (Grieks: θεοί χθόνιοι; χθόνιος; theoi chtheonioi, chthonios) is gode met betrekking tot die aarde en veral die onderwêreld. Die term word veral gebruik om onderskeid te tref tussen die gode in die Griekse mitologie.

’n Chtoniese heiligdom in Akragas

Die Griekse chthon (χθών) is een van die vele woorde wat die Grieke het vir "aarde". Dit verwys eerder na die binnekant van die aardbodem as na die oppervlak (soos met die woord gaea) of ’n gebied (soos met die woord chora).

Die chtoniese gode vind hul wortels in ’n ou Mediterreense tradisie wat verbind word met vondste in Anatolië. Die siklus van die natuur, asook dié van die lewe en die verdere lewe ná die dood, is die belangrikste take waarmee hierdie gode hulle besig hou.

Chtoniese en Olimpiese gode

wysig

Terwyl die term "chtonies" vandag gebruik word om gode aan te dui, het die antieke Grieke terme soos chthonie en chthonios in ’n meer spesifieke betekenis gebruik, naamlik om te verwys na die manier waarop mense offerandes aan die gode gebring het. So is hele diere verbrand en aan die gode geoffer.

Hoewel chtoniese gode veral verbind is met vrugbaarheid, was hulle nie die enigste gode vir wie dit belangrik was nie. Demeter en Persephone het albei te doen gehad met die vrugbaarheid van die grond, hoewel Demeter ’n tipiese Olimpiese kultus en Persephone ’n chtoniese kultus gehad het.

Die onderskeid is ook nie baie duidelik nie. Sommige Olimpiese gode, soos Hermes en Zeus, is gelykgestel aan chtoniese gode en hulle het ook chtoniese offerandes ontvang. Ook Herakles en Asklepios kon as óf Olimpiese óf chtoniese gode beskou word, na gelang van die plek.

Chtoniese gode

wysig
Assirië Babilonië Egipte Griekeland Rome Inuit

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel goden

Eksterne skakel

wysig

Verdere leesstof

wysig
  • Fairbanks, A., The Chthonic Gods of Greek Religion, in The American Journal of Philology 21 (1900), pp. 241-259. (Engels)
  • Schlesier, R., Chthonische Götter, in Der Neue Pauly 2 (1997), klm. 1185–1190. (Duits)