[go: up one dir, main page]

In die Katolieke, Anglikaanse en Ortodokse Kerk is biskoppe die opvolgers in gesag van die twaalf Apostels. [1]

Biskop met myter, staf en ring
Biskop met myter, staf en ring

Oorsprong

wysig

Die apostels het hulle gesag met die oplê van hande met ander mense gedeel. (2 Tim 1:6). In die Nuwe Testament is die mans beurtelings episcopoi (biskoppe) en presbyteroi (priesters of ouderlinge) genoem (Hand 20:17), maar vanaf die 2de eeu nC is die woord biskop net vir leiers van die plaaslike kerk (bisdom) gebruik. [1]

Apostoliese Opvolging

wysig

Die Katolieke, Anglikaanse en Ortodokse kerke hou vol dat die biskoppe in direkte lyn opvolgers van die Apostels is. Tot 11 Februarie 1989 toe Barbara Harris as biskop van die Episkopale Kerk in die VSA gewy is, is slegs mans as biskop gewy. Die Lutherse Kerk het ook biskoppe, maar hou nie vas aan die Apostoliese Opvolging nie.[2]

Regalia

wysig

[3] Tradisioneel het biskoppe hul eie spesifieke regalia soos:

  • 'n Troon of Kateder in hulle biskoplike Kerk
  • 'n Staf wat herinner aan 'n herderstaf
  • 'n Myter of bisskopsmuts
  • 'n Ring
  • 'n Pektorale of borskruis.

Voorheen het die biskoppe ook spesiale kouse en sandale gedra die sg. caligae

Soorte biskoppe

wysig

Daar is verskeie soorte biskoppe soos:

  • Die Pous - biskop van Rome
  • Ordinaris-biskop – hoof van 'n bisdom
  • Hulpbiskop – assistent van 'n ordinaris maar titulêr biskop in eie reg
  • Wybiskop – 'n biskop wat 'n verkose biskop wy.
  • Aartsbiskop – hoof van 'n aartsbisdom die belangrikste bisdom van 'n streek.
  • Titulêr (aarts)biskop – 'n biskop sonder eie bisdom, maar die titel het van 'n nie meer bestaande bisdom. Veral die funksionarisse van die Vatikaan is dikwels titulêr (aarts)biskop. B.v. Kardinaal Leonardo Sandri, titulêr aartsbiskop van Cittanova, prefek vir die Kongregasie van Oosterse Kerke.
  • Metropoliet – hoof van 'n kerkprovinsie.
  • Verkose biskop – 'n biskop die aangestel is maar nog nie gewy nie.
  • Suffragane biskop – 'n Biskop van 'n bisdom wat ondergeskik is aan 'n ander bisdom.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 Van Heerden, M. (2008) Biskop in Christelike Kern-Ensiklopedie, Lux Verbi, Durbanville. P. 117
  2. bishop. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  3. L'Osservatore Romano, weekly English edition, II(17 April, 1969), p.4