Miltsiekte
Miltsiekte (antraks) is 'n infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Bacillus anthracis.[1] Dit kan in vier vorme voorkom: vel, longe, derm en inspuiting.[2] Simptome begin tussen een dag tot meer as twee maande nadat die infeksie opgedoen is.[3] Die velvorm het 'n klein blaas met omliggende swelling wat dikwels in 'n pynlose ulkus met 'n swart senter verander.[3] Die inaseming vorm presenteer met koors, borspyn, en kortasem.[3] Die dermvorm vertoon met diarree wat bloed, buikpyne, naarheid en braking kan bevat.[3] Die inspuitingvorm vertoon koors en 'n abses op die plek van inspuiting.[3]
Miltsiekte word versprei deur kontak met die bakterie se spore, wat dikwels in aansteeklike diereprodukte voorkom.[4] Kontak is deur asem te haal, te eet, of deur 'n area van gebreekte vel.[4] Dit versprei nie tipies direk tussen mense nie.[4] Risikofaktore sluit in mense wat met diere of diereprodukte werk, reisigers, poswerkers en militêre personeel.[5] Diagnose kan bevestig word deur teenliggaampies of die toksien in die bloed te vind of deur 'n monster van die besmette plek te kweek.[6]
Miltsiekte-inenting word aanbeveel vir mense wat 'n hoë risiko van infeksie het.[5] Die immunisering van diere teen miltsiekte word aanbeveel in gebiede waar vorige infeksies voorgekom het.[4] 'n Twee maande lange kursus van antibiotika soos siprofloksasien, levofloksasien en doksisiklien na blootstelling kan ook infeksie voorkom.[7] As infeksie voorkom, is behandeling met antibiotika en moontlik antitoksien.[8] Die tipe en aantal antibiotika wat gebruik word, hang af van die tipe infeksie.[7] Antitoksien word aanbeveel vir diegene met wydverspreide infeksie.[7]
Alhoewel 'n seldsame siekte is, is menslike miltsiekte, wanneer dit wel voorkom, die algemeenste in Afrika en Sentraal- en Suider-Asië.[9] Dit kom ook meer gereeld in Suid-Europa as elders op die vasteland voor, en is ongewoon in Noord-Europa en Noord-Amerika.[10] Wêreldwyd kom minstens 2 000 gevalle per jaar voor met ongeveer twee gevalle per jaar in die Verenigde State.[11][12] Velinfeksies verteenwoordig meer as 95% van gevalle.[13] Sonder behandeling is die risiko van dood as gevolg van vel miltsiekte 24%.[7] Vir derminfeksie is die risiko van dood 25 tot 75%, terwyl respiratoriese miltsiekte 'n mortaliteit van 50 tot 80% het, selfs met behandeling. [7][13]Tot die 20ste eeu het miltsiekte infeksies honderdduisende mense en diere elke jaar doodgemaak.[14] Miltsiekte is deur 'n aantal lande as 'n wapen ontwikkel.[13] By plantvretende diere vind infeksie plaas wanneer hulle die spore eet of inasem terwyl hulle wei.[9] Diere kan besmet raak deur besmette diere te eet.[9]
Verwysings
wysig- ↑ "Basic Information What is anthrax?". CDC. 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ "Types of Anthrax". CDC. 21 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "Symptoms". CDC. 23 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 "How People Are Infected". CDC. 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 5,0 5,1 "Who Is at Risk". CDC. 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ "Diagnosis". CDC. 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 Hendricks, KA; Wright, ME; Shadomy, SV; Bradley, JS; Morrow, MG; Pavia, AT; Rubinstein, E; Holty, JE; Messonnier, NE; Smith, TL; Pesik, N; Treadwell, TA; Bower, WA; Workgroup on Anthrax Clinical, Guidelines (Februarie 2014). "Centers for disease control and prevention expert panel meetings on prevention and treatment of anthrax in adults". Emerging Infectious Diseases. 20 (2). doi:10.3201/eid2002.130687. PMC 3901462. PMID 24447897.
- ↑ "Treatment". CDC. 14 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 9,0 9,1 9,2 Turnbull, Peter (2008). Anthrax in humans and animals (PDF) (4 uitg.). Geneva, Switzerland: World Health Organization. pp. 20, 36. ISBN 9789241547536. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 November 2016.
- ↑ Schlossberg, David (2008). Clinical Infectious Disease. Cambridge University Press. p. 897. ISBN 9781139576659. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.
- ↑ Anthrax: Global Status. GIDEON Informatics Inc. 2016. p. 12. ISBN 9781498808613. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.
- ↑ "Anthrax". CDC. National Center for Emerging and Zoonotic Infectious Diseases. 26 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2016. Besoek op 14 Mei 2016.
- ↑ 13,0 13,1 13,2 "Anthrax". FDA. 17 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2016. Besoek op 14 Meiy 2016.
{{cite web}}
: Gaan datum na in:|accessdate=
(hulp) - ↑ Cherkasskiy, B. L. (1999). "A national register of historic and contemporary anthrax foci". Journal of Applied Microbiology. 87 (2): 192–195. doi:10.1046/j.1365-2672.1999.00868.x. PMID 10475946. S2CID 6157235.