[go: up one dir, main page]

Die America's Cup (of Auld Mug) is 'n seiljagwedvaart wat elke drie of vier jaar gehou word. Dit is die eerste keer in 1851 aangebied en word as die belangrikste seiljagvaart ter wêreld beskou.[1] Sommige mense beskou dit as die oudste internasionale sportbyeenkoms. Dit is wel die oudste sporttrofee waarom vandag nog meegeding word.[2] Die eerste wedvaart is deur The Royal Yacht Squadron georganiseer. Die kompetisie is na die eerste wenner daarvan, 'n skoener genaamd America van die New York-seiljagklub, genoem.

America's Cup
2021 America's Cup
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

Sportsoort seiljagwedvaart
Gestig 1851
Inwydingseisoen 1851
Aantal spanne 2
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Emirates Team New Zealand, Taihoro (2024)

Die wedvaart vind tussen twee seiljagte plaas. Die eerste, die verdediger, verteenwoordig die seiljagklub wat tans die titel hou. Die tweede, die uitdager, verteenwoordig die klub wat die titelhouer daarom uitdaag. Die reëls van elke wedstryd word vooraf deur die verdediger en die uitdager opgestel.

Eindstryde

wysig
 
Die skoener America wen die internasionale wedvaart, skildery deur Fitz Henry Lane, 1851
 
Wennerstrofee: die "Auld Mug"
Jaar Titelverdediger Uitdager Uitslag
2024 Vlag van Nieu-Seeland  Emirates Team New Zealand, Taihoro Vlag van Verenigde Koninkryk  INEOS Britannia, Britannia RB3 7:2
2021 Vlag van Nieu-Seeland  Emirates Team New Zealand, Te Rehutai Vlag van Italië  Luna Rossa Prada Pirelli, Luna Rossa 7:3
2017 Vlag van Verenigde State van Amerika  Oracle Team USA Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand, Aotearoa 1:7
2013 Vlag van Verenigde State van Amerika  Oracle Team USA Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand, Aotearoa 9:8
2010 Vlag van Switserland  Alinghi Vlag van Verenigde State van Amerika  BMW Oracle Racing 0:2
2007 Vlag van Switserland  Alinghi Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand 5:2
2003 Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand Vlag van Switserland  Alinghi 0:5
2000 Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand Vlag van Italië  Prada Challenge 5:0
1995 Vlag van Verenigde State van Amerika  Young America Vlag van Nieu-Seeland  Team New Zealand 0:5
1992 Vlag van Verenigde State van Amerika  America 3 Vlag van Italië  Il Moro di Venezia 4:1
1988 Vlag van Verenigde State van Amerika  Stars and Stripes Vlag van Nieu-Seeland  New Zealand 2:0
1987 Vlag van Australië  Kookaburra III Vlag van Verenigde State van Amerika  Stars and Stripes 0:4
1983 Vlag van Verenigde State van Amerika  Liberty Vlag van Australië  Australia II 3:4
1980 Vlag van Verenigde State van Amerika  Freedom Vlag van Australië  Australia 4:1
1977 Vlag van Verenigde State van Amerika  Courageous Vlag van Australië  Australia 4:0
1974 Vlag van Verenigde State van Amerika  Courageous Vlag van Australië  Southern Cross 4:0
1970 Vlag van Verenigde State van Amerika  Intrepid Vlag van Australië  Gretel II 4:1
1967 Vlag van Verenigde State van Amerika  Intrepid Vlag van Verenigde Koninkryk  Dame Pattie 4:0
1964 Vlag van Verenigde State van Amerika  Constellation Vlag van Verenigde Koninkryk  Sovereign 4:0
1962 Vlag van Verenigde State van Amerika  Weatherly Vlag van Australië  Gretel 4:1
1958 Vlag van Verenigde State van Amerika  Columbia Vlag van Verenigde Koninkryk  Sceptre 3:1
1937 Vlag van Verenigde State van Amerika  Ranger Vlag van Verenigde Koninkryk  Endeavour II 4:0
1934 Vlag van Verenigde State van Amerika  Rainbow Vlag van Verenigde Koninkryk  Endeavour 4:2
1930 Vlag van Verenigde State van Amerika  Enterprise Vlag van Verenigde Koninkryk  Shamrock V 4:0
1920 Vlag van Verenigde State van Amerika  Resolute Vlag van Verenigde Koninkryk  Shamrock IV 3:2
1903 Vlag van Verenigde State van Amerika  Reliance Vlag van Verenigde Koninkryk  Shamrock III 3:0
1901 Vlag van Verenigde State van Amerika  Columbia Vlag van Verenigde Koninkryk  Shamrock II 3:0
1899 Vlag van Verenigde State van Amerika  Columbia Vlag van Verenigde Koninkryk  Shamrock 3:0
1895 Vlag van Verenigde State van Amerika  Defender Vlag van Verenigde Koninkryk  Valkyrie II 3:0
1893 Vlag van Verenigde State van Amerika  Vigilant Vlag van Verenigde Koninkryk  Valkyrie II 3:0
1887 Vlag van Verenigde State van Amerika  Volunteer Vlag van Verenigde Koninkryk  Thistle 2:0
1886 Vlag van Verenigde State van Amerika  Mayflower Vlag van Verenigde Koninkryk  Galatea 2:0
1885 Vlag van Verenigde State van Amerika  Puritan Vlag van Verenigde Koninkryk  Genesta 2:0
1881 Vlag van Verenigde State van Amerika  Mischief Vlag van Kanada  Atalanta 2:0
1876 Vlag van Verenigde State van Amerika  Madeline Vlag van Kanada  Countess of Dufferin 2:0
1871 Vlag van Verenigde State van Amerika  Columbia Vlag van Verenigde Koninkryk  Livonia 1:0
1870 Vlag van Verenigde State van Amerika  Magic Vlag van Verenigde Koninkryk  Cambria 1:0
1851 Vlag van Verenigde Koninkryk  Aurora en 13 andere bote Vlag van Verenigde State van Amerika  America 0:1

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "About America's Cup". Sir Peter Blake Trust. 2 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2015.

Eksterne skakels

wysig