27 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
27 November is die 331ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (332ste in skrikkeljare). Daar volg nog 34 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 399 – Pous Anastasius I volg Pous Siricius op.
- 1237 – Slag van Cortenuova: Keiser Frederik II verslaan die Lombardiese Liga.
- 1444 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) word aangestel as biskop van Bologna.
- 1923 – Die Centovalli-spoorlyn in Switserland skakel oor van stoom na elektrisiteit.
- 1988 – In Harare maak die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Desmond Tutu, bekend dat kerkverteenwoordigers die “kategoriese uitspraak” van die ANC aanvaar dat hy voortaan geen sagte teikens sal aanval nie.
- 1996 – Pres. Nelson Mandela kondig aan dat Suid-Afrika sy diplomatieke bande met die Republiek China (Taiwan) verbreek ten gunste van betrekkinge met die Volksrepubliek China (Rooi China).
- 2001 – 'n Planeet met 'n waterstofatmosfeer word deur die Hubble-ruimteteleskoop op die eksoplaneet Osiris ontdek.
Geboortes
wysig- 1701 – Anders Celsius, Sweedse sterrekundige († 1744).
- 1754 – Georg Forster, Duits-Poolse etnoloog en joernalis († 1794).
- 1798 – Andries Pretorius, Voortrekkerleier († 1853).
- 1820 – John Thomas Baines, Engelse kunstenaar en ontdekkingsreisiger van die Britse kolonies van Suider-Afrika en Australië († 1875).
- 1831 – Richard Wocke, die eerste argitek in die Oranje-Vrystaat († 1890).
- 1858 – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog († 1930).
- 1867 – Charles Koechlin, Franse komponis († 1950).
- 1887 – Dr. Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party († 1959).
- 1887 – Masaharu Homma, Japannese luitenant-generaal en oorlogsmisdadiger († 1946).
- 1915 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter († 2010).
- 1916 – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer († 1997).
- 1921 – Alexander Dubček, Slowaakse politikus († 1992).
- 1940 – Bruce Lee, Chinese vegkunstenaar, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur († 1973).
- 1942 – Jimi Hendrix, popster († 1970).
- 1953 – Steve Bannon, Amerikaanse mediasakeman.
- 1973 – Sharlto Copley, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1976 – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
Sterftes
wysig- 602 – Mauricius, keiser van Bisantium (* 539).
- 1722 – Stefan Jaworski, eerste president van die Heiligste Regerende Sinode (* 1658).
- 1852 – Ada Lovelace, Britse wiskundige en skryfster (* 1815).
- 1899 – Frans Lion Cachet, stigter van die dorp Ermelo (* 1835).
- 1955 – Arthur Honegger, Switserse komponis (* 1892).
- 1958 – Artur Rodziński, Poolse opera en simfoniedirigent (* 1892).
- 2015 – Mark Behr, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1963).
- 2019 – Godfrey Gao, 'n Kanadese akteur (* 1984).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 27 November. |